Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Claassen se paviljoenkritiek pla

Sarel Myburgh, Pretoria, skryf:

Die onderhoud met die voormalige Springbokkaptein Wynand Claassen in verlede week se Weekliks kan nie sonder kommentaar gaan nie.

Sedert verlede jaar is Claassen en

Divan Serfontein besig om vanaf die ­paviljoen kritiek op rugby en rugby­administrateurs te lewer.

Hoe maklik kan dit nie wees nie? Natuurlik ken Claassen, as voormalige Bokkaptein, rugby beter as ek en die gemiddelde ondersteuner, en dit maak hom gesaghebbender om kritiek op die spel te lewer.

Maar hoe langer Claassen kritiek lewer, hoe meer bewys hy dat hy dalk nie die kompleksiteit waarin sport in Suid-Afrika op die oomblik funksioneer, verstaan nie.

Om byvoorbeeld te sê dat oudspelers se insette geblokkeer word, gaan nie op nie. Wie se insette is waar geblok?

Feit bly staan dat die rugbyomgewing sedert Claassen (en Serfontein) se dae drasties verander het.

Daarom wil ek voorstel dat Claassen eers betrokke raak, konstruktiewe insette probeer lewer en kyk of hy resultate kan behaal voordat hy paviljoenkritiek lewer. Tuksrugby is dalk nie vergelykbaar met die makrorugbyomgewing daarbuite nie.

Ek dink verder dit is onregverdig om jou alma mater te beskuldig dat hulle bang was dat die oudspelers wou oorneem en die spelersvereniging uit hul grondwet geskryf het! Hierdie skoot in die donker is destruktief en afbrekend!

Nee Wynand! Verlede jaar het julle ­betoog om van die afrigter ontslae te raak en kyk waar sit ons nou?

Die probleem is ’n bietjie komplekser as wat ek en jy dink!

Meer oor:  Wynand Claassen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.