Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Dis spookklaer teen dominee

Ek het onlangs besoek afgelê by die NG kerk Stanford waar die doopkwessie so baie aandag getrek het.

Lanklaas het ek so ’n vurige prediker gehoor wat die waarheid verkondig en so baie Bybeltekse gebruik ­terwyl die hoorders vasgenael sit en luister.

Dit het vir my geklink asof ds. Neil Olwagen soos Johannes die Doper preek, behalwe dat hy nie bekeringsoproepe gedoen het of mense gedoop het nie.

Lidmate sê dat, net soos die NG Kerk sy siening oor apartheid, die dra van hoede, vrouepredikante en gays verander het, behoort dit ook ’n verdraag­samer houding teenoor die Bybelse doop te hê.

Dit was insiggewend dat daar geen klaer in die saak teen Olwagen geïdentifiseer is nie.

Net soos daar spookbieërs in die veilingbedryf is, is daar blykbaar ook spookklaers in die kerklike bedryf. Of miskien is dit ’n gees wat hier werksaam is – ’n valse gees!

Bernhard Ficker

Somerset-Wes

Meer oor:  Stanford  |  Ng Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.