Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Genugtig, Hambidge is onnutsig!

In ’n skrywe op haar blog, “Woorde wat weeg”, kla Joan Hambidge dat ek op die Boekeblad toespelings gemaak het wat “byltjies slyp” in my resensie “Digterlike afdruk van ’n lewe verbeeld” oor Bibi Slippers se bundel Fotostaatmasjien (5.12)

Sy verwys na twee passasies. My gebruik van “intellektueles” (in aanhalingstekens) word gesien as ’n klap na ander resensente wat daarvan hou om intellektuele diepteontledings te maak.

My term verwys egter na die losse, afwysende gebruik soos dit aangetref word in die sosiale media (een van Slippers se ­temas) en in byvoorbeeld Jan Alleman se kommentare op ­internetartikels. Vandaar die aanhalingstekens.

Ek probeer ’n speurende lees met ’n “plesierige” een in verband bring. My sin het geensins Hambidge in gedagte gehad nie. Lesers wat my resensies ken, sal weet ek is die laaste mens om anti-intellektualisme te bevorder. Genugtig, Hambidge se interpretasie is onnutsig!

My verwysing na “mummies” wat “sal regop sit in die hall of fame” by die lees van die debuut, is allermins ’n verwysing na haar, maar na kanonisering (’n verwysing wat Slippers pertinent aktiveer). Dis ’n soort “balsemingsproses van die kosbare” vir toekomstige verwysing. Nie waar nie? Ek het niks bitsig bedoel nie.

Alle koerantresensies het weglatings en myne is dat ek nie verwys het na die uitnemende voorbeelde van intertekstualiteit wat naas die oppervlakkige voorbeelde bestaan nie.

Oor die noodsaak van ’n kursus in die resensiekunde kan ek nie méér volmondig saamstem nie. Ek bied my dienste aan, wat onder meer ’n vergelyking tussen die ontledende en die retoriese resensie sal bespreek.

Laasgenoemde verleen hom by uitstek tot joernalistieke fora, waar die resensent in ’n kort bestek die leser se belangstelling ten beste moet prikkel.

Inskrywings per persoon sal R350 per dag beloop. Ongelukkig geen afslag, óf ander misverstande.

Meer oor:  Bibi Slippers  |  Joan Hambidge  |  Brief  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.