Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Haal bril van verlede af

Ek het Marga Ley se onderhoud met Dawie Jacobs (8.7) baie interessant gevind. Dawie het ’n indrukwekkende CV en wat briefskrywery betref, is hy nie ’n liggewig soos ek nie.

Dawie wys vir die soveelste keer daarop dat ons nie uit die verlede leer nie. Volgens hom is daar in Pretoria steeds oorheersing deur wit mense oor swart mense. Ek dink Dawie het lanklaas in Pretoria se strate gestap. Boonop het Dawie tred verloor met die werkomgewing, veral in die staatsdiens. Daar word regstellende aksie onder die vaandel van transformasie totaal uit verband geruk. Wit mense word by uitsondering bevorder.

Geld dit ook swart mense wat vriendelik teenoor my is?

Ek weet van swart polisielede wat hul wit ampsgenote verneder sonder dat ’n vinger na die skuldiges gewys word. Ek weet van wit polisielede wat onmiddellik die trekpas gekry het omdat hulle rassistiese aanmerkings teenoor swart kollegas gemaak het.

’n Dowe vrou wat in Pretoria by die polisiekantoor om hulp aanklop nadat sy beroof is, word uitgelag en verneder. ’n Joernalis (nou oorlede) kom in ’n gehawende toestand by ’n polisiekantoor aan nadat sy met ’n windbuks in die gesig geskiet is. Haar klagte word afgelag as huismoles.

Sulke optrede teenoor wit mense het die norm geword en ek glo dit is om swart baasskap te beklemtoon.

Nou beweer Dawie dat dit huigelary is om vriendelik teenoor swart mense te wees en dat swart mense my ware gesindheid onder daardie vriendelikheid sien. Geld dit ook swart mense wat vriendelik teenoor my is?

Ek stem saam met Dawie dat versoening en brûe bou tussen gemeenskappe feitlik tot stilstand gekom het.

Dawie sal die rede daarvoor waarskynlik by wit mense vind. Ek dink weer dat wit mense nou keelvol is om altyd as die skuldiges uitgewys te word wanneer rasseverhoudings skipbreuk ly. Veral wanneer hulle geen aandeel gehad het aan die diskriminasie wat in die verlede teenoor swart mense gepleeg is nie.

Dawie, ek leer graag uit die foute wat ek in my werk en in my sosiale lewe teenoor swart mense gemaak het, maar ek dink dat jy nou die bril van die verlede moet afhaal, anders gaan jy nie raaksien dat diskriminasie nou totaal en al omgekeer is nie. Toe dan, man, jy is mos, volgens jou, ’n aartsoptimis.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Lesers Sê  |  Brief  |  Dawie Jacobs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.