Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Het Bfn-straatbraaiers lisensies?

Ek wil net weet of die mense wat op elke tweede straathoek in Bloemfontein staan en ’n straatkafee daar bedryf, almal lisensies van die gesondheidsdepartement het en toestemming van die geskikte departement en owerheid het om dit te mag doen.

Dit is te wonderlik om te sien hoe hierdie straatbraaiers en kosverkopers hulle stelselmatig inwurm op ’n straathoek soos die een oorkant Mimosa Mall. Eers is daar net ’n stoel en ’n pot en dan kom daar ’n klein braaier. Die week daarna is daar twee stoele, ’n tafel en twee braaiers. Die volgende week is daar ’n opslaandakkie en nog stoele. So gaan dit aan.

Daar is ’n vereiste vir mense wat op markte en feeste kosprodukte maak en verkoop om ’n goedgekeurde lisensie van die gesondheidsdepartement te bekom.

Jou kombuis of plek waar jy kosmaak, word deur ’n inspekteur besoek voordat jou lisensie goedgekeur word en jy mag kosmaak of handel dryf met jou kosprodukte.

Een van die vereistes is dat alle bestanddele gelys moet word op ’n etiket van die produk. Inspekteurs kom gereeld inspeksie doen by markte en feeste en dan moet ’n verkoper sy lisensie kan toon.

Daar word ook betaal om so ’n lisensie te bekom, wat dan gereeld hernu moet word. Waarvandaan kom die vleis wat op sypaadjies gebraai en verkoop word? Onder watter omstandighede word die diere geslag en hoe word die vleis en ander kosprodukte hanteer of verwerk?

Ek is ’n pensioentrekker en wil graag weet hoe ek behandel sal word deur owerhede as ek vir my ’n hoek op ’n sypaadjie uitkies en daar ’n straatkafee begin?

Straathoeke en sypaadjies val mos onder die verkeersdepartement, of is dit nou die parke-afdeling? Of moontlik is daar geen aanspreeklike departement nie en jy kan maak soos jy smaak as jy van die regte groep is.

Help my maar reg as ek verkeerd is. Ek sal dit waardeer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.