Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Jy kan mos nie só die taal vernietig

Baie, baie dankie aan Hermann Giliomee, Christo Viljoen, Breyten Breytenbach, Joan Ham­bidge, Leopold Scholtz, Jan Heunis en vele meer, wat elkeen ’n kenner op sy gebied is, vir die onvermoeide ywer waarmee julle vir Afrikaans se oorlewing veg. Jare reeds verskyn uitmuntende werk uit jul penne.

Julle, met jul meerdere kennis en wysheid op vele terreine, praat namens die duisende van ons wat net so lief vir ons taal is. Terselfdertyd besef ons dat as Afrikaans op universiteitsvlak verlore gaan, gaan dié jong taal as ’n literêre en wetenskaptaal, nieteenstaande al sy prestasies, doodgesmoor word.

Afrikaans is veel meer as net ’n omgangstaal. Hoe durf intellektueel sterk mense – filosowe, rubriekskrywers, dosente, professore, rektore – so blatant die taal wil vernietig? Jy kan tog nie ’n taal met soveel sprekers, wat blom, groei en wêreldwyd aansien geniet, tot niet maak omdat dit jou pas nie!

As jy so bevoorreg is om voor ’n klas te staan, sê dankie daarvoor deur skouer aan die wiel te sit, vertaalwerk te doen en só jou stempel af te druk.

Hoeveel van byvoorbeeld die mediese professore het nie daardie paadjie gestap en ’n wonderlike nalatenskap vir vele studente gelaat nie! Ons eer hulle vir hul onvermoeide ywer.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog was daar verraaiers, maar diegene wat nou, op ’n subtieler manier, ons taal uitverkoop, is verraaiers van Afrikaans!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.