Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Knap vroueleiers in SA regering en elders

As ’n vroueburgemeester moet ek kommentaar lewer op die onsinnige opmerkings wat Bathabile Dlamini, die voorsitter van die ANC-vroueliga, na bewering kwytgeraak het.

Miskien is die beweerde emosionele redenasies wat vroue sou opper, uniek aan die ANC. Daar is egter beslis baie knap vroue wat elke dag uitstekende leiers is – in die regering en ander politieke partye.

Dit is ironies dat die vroueliga ’n vrou (Nkosazana Dlamini-Zuma) steun as ’n presidentskandidaat en die Nasionale Vergadering ’n vrou as speaker het.

Is dié vroue emosioneel wanneer dit by hul redenasies kom? Indien wel, waarom moet ons hulle dan as leiers steun?

In die Wes-Kaap, die bes regeerde provinsie in die land, is verskeie vroueburgemeesters (agt) en LUR’e wat uitstekende leiers is. Van die bes bestuurde munisipaliteite in die land word deur vroue aangevoer.

Vroue wat ontuis voel by die emosionele ANC-vrouekorps, is meer as welkom om ’n tuiste in die DA te kom kry.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.