Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
‘Koors’ ’n waagmoedige poging

Dit gons in die SMS-kolom oor Deon Meyer se Koors.

Ek dink dit is belangrik om opinies van die lesers te kry en nie net van resensente nie. Hier is my indruk van die boek.

Vir suksesvolle skrywers soos Deon Meyer – die doyen van Suid-Afrikaanse spanningsfiksie – is resepmatigheid die grootste slaggat om te vermy. Koors is ’n waagmoedige poging van Meyer om nuut te skryf.

Ek het veral drie probleme met die teks. Wat fokalisering betref, beleef ons die verhaal deur die oë van ’n 13-jarige. Die storie het die gevoel van ’n tienerroman.

Ondanks interessante scenario-skepping is die spanningslyn nie op die peil van Meyer se ­oeuvre nie. Die boek, wat ongeveer 600 bladsye beslaan, kon doen met ’n strenger redakteurshand.

Die ontknoping van die verhaal is verrassend. Dit gee nuwe betekenis aan die opvatting dat die toekoms seker is, die verlede egter geheel en al onvoorspelbaar. Vergesog? Lesers moet maar self besluit.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.