Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Kuba Utopia net vir dié wat niks het

Ek merk hoe Fidel Castro se Kubatopia sommige oorval met ’n wens vir ’n “time warp”. Dis sweerlik onder die bekoring van rum, sigare en salsa-aande.

Kuba se stedelike kultuur bied jou min kinders, gratis onderwys, ’n hoë ouderdom, vryheid van werkloosheid en misdaad (sic) en toegang tot die 40%-“middelklas”-klub wat baai in die demografie van Wes-Europese bourgeoisie.

Rantsoenwinkels subsidieer “behoeftes” met 95%, en rum, sigare, bier en basiese lewensmiddele kos ’n derde van die prys in Amerika.

Dis ’n streslose lewe, sonder keuse, aspirasie, perspirasie of ’n Jones vir vergelyking. Salarisse vir verpligte werk is op ’n 1960’s-vlak.

’n Huishouding met ’n dubbele inkomste verdien 60% onder die internasionale armoede-drempel. Die subsidies hou net tot jou kwota afgemeet en jou bladsy gestempel is.

“Begeerte” en “verbruikerskultuur”, telekommunikasie en huishoudelike tegnologie is vreemde konsepte.

Net jou gesigsuitdrukking verander wanneer jy die sleutel van jou 1950’s-krok draai, en jou huis en buurt val uitmekaar weens munisipale dienste en kapasiteit uit die 1920’s. 20 mense deel jou krot en die loodgieter kom eers oor twee maande.

Vlote Kubane het sedertdien verkies om eerder in die Straat van Florida te sink as in die tydkapsule. In 2010 gee Kameraad Raoul die bevel: “Verander rigting, (evolueer) of sink”.

Sosialisme kan goedere versprei, maar sukkel om welvaart te genereer en groei te stimuleer. Gelyke verspreiding van armoede bied nêrens om wêreldklas- menslike kapitaal te belê nie. Kuba is ’n Utopia net vir dié wat niks het nie.

Op Kuba se nuwe groeipad word staatsapparatuur en onvolhoubare subsidies afgetakel. Uitdiensgestelde amptenare raak entrepreneurs en onder liberalisering bied die private sektor al werk aan 40% van die arbeidsmag.

Kommunistas klim die leer na die wêreld van konsumeristas vir ’n slimfoon en internet.

Vandag, in Fidel se “gelyke Kuba”, is dié met toegang tot dollars 25 keer gelyker as die met peso’s. Net hulle het toegang tot “parallelle markte” wat die ellende kan besweer.

’n Utopie? Nee wat.

Meer oor:  Fidel Castro  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.