Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Kyk op die regte manier terug na jou verlede
Credit: iStock

Gister en eergister se herinneringe lê in ons gedagtes se pakkamers rond, ook ons foute, teleurstellings en terugslae. Ons moet dit lig gee sodat dit ons nie langer gevange hou nie, maar ons moet dit reg doen.

Ons moet die Here saamvat as ons dink oor die verlede se teleurstellings en seer, soos wat Dawid in Ps. 34 doen as hy ’n draai gaan maak by ’n donker tydperk in sy eie lewe waaroor 1 Sam. 21 ook skryf.

As vlugteling voor Saul het Dawid die priester Agimelek in daardie tyd onder valse voorwendsels besoek. Toe het hy gevlug na Gat, waar hy hom in koning Akis se teenwoordigheid as ’n waansinnige voorgehou het. Later jare kyk Dawid hierdie donker tyd in Ps. 34 in die oë, maar hy doen dit saam met die Here.

In die proses sien Dawid hoe die Here hom as swakkeling uit groot doodsgevare gered het. Hy het nie Dawid se hand gelos toe Dawid Sy hand gelos het nie.

Geen wonder nie dat Dawid ons in Ps. 34 uitnooi om te proe en te sien dat die Here goed is. En om Hom te dien. Proe, sien en dien – só loop die Here se pad as ons op die regte maniere terugkyk na ons eie verlede. Dan sien ons hoe God ons uitgered het en hoe Hy ons sy goedheid laat proe het. Dan dien ons Hom met nuwe ywer hier en nou. Onthou: proe, sien, dien!

Meer oor:  Verlede  |  Herinneringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.