Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Los Willem Postma-verkeersprobleem só op

Kallie de Beer se brief “Willem Postma-sirkel kort beamptes en verf” (6.7) het betrekking.

Die bogenoemde verkeersprobleem kan opgelos word.

Die oppervlakte wat deur die sirkel en padoppervlak tussen Willem Postma, Berg-en-Dalkerk, Preller Walk en die noordelike kant van die sirkel bedek word, vorm ’n reghoek van ongeveer 80 m x 70 m, oftewel 5 600 m².

Die hele oppervlak kan uitgegrawe word om vyf of ses kelders te skep wat vir ondergrondse parkering gebruik word.

Bogronds word ’n verkeersligstelsel vanuit vier rigtings opgerig om Albrechtstraat-Suid en Louw Wepenerstraat met Genl. Hertzogstraat en Albrechtstraat-Noord te verbind, plus natuurlik glybane.

Poulteneystraat word ’n eenrigtingstraat van Albrechtstraat-Noord tot in Winterstraat. Twee eindomme sal dus gesloop moet word.

Die aansluiting van Poulteneystraat en Winterstraat kry verkeersligte. Masseystraat se aansluiting by Albrechtstraat kry ook verkeersligte.

Paul Rouxstraat se aansluiting by Waverleyweg kan ook verkeersligte kry. Die parkeergarage kan ook ondergronds met Preller Walk, die NG kerk Berg-en-Dal en Laerskool Willem Postma verbind word.

Tydens die konstruksie-tydperk sal daar baie ongerief wees, maar as die werk voltooi is, behoort alles seepglad te verloop.

Die parkering sal boonop ’n konstante inkomste genereer. Ondergrondse winkels is ook moontlik.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.