Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Maties: Monsters vs. leuens

Hugo Geldenhuys: Breyten Breytenbach praat van ’n gesamentlike besluit om vorentoe te beweeg. Wat egter as die slagoffers van apartheid besluit hulle wil en hoef nie in die rigting te beweeg wat Breytenbach, en die wit Afrikaner nasie waarmee hy hom vereenselwig, wil nie?

Gaan Bretenbach (sic) en sy nasie hulle forseer? Vergeet dit, die skoen is aan die ander voet. In apartheid moes swart mense definieer hoekom hulle eersteklas-burgers moes wees. Die wiel het gedraai en nou moet die wittes motiveer hoekom en hoe hulle geduld moet word.

Die Waarheid- en Versoeningskommisie was ’n naïewe en mislukte poging om afsluiting te kry. Die waarheid is nie naastenby vertel nie en die gruwelike monsters van apartheid het skotvry daarvan afgekom.

Suid-Afrikaners en veral die slagoffers van apartheid het uit ’n diepe post-apartheidslaap wakker geword en die seer borrel nou na bo.

Breyten Breytenbach: Goeie môre! Goed geslaap en wakker geword met vars gedagtes? Ek weet dis Sondag en die babelaas is swaar . . . maar die van is “Breytenbach”. Wat die res betref: word u nie moeg van die ‘knip-en-plak’ onsin wat u kwytraak nie?

Wees nou rustig. Kom ons begin voor. Brilletjie opsit en probeer lees wat ek gesê het, of laat iemand dit vir u stadig voorlees as dit te veel moeite verg. Watter “wit Afrikaner nasie” praat u van? Waar kry u dit? Saam met u is ek bly swart en bruin wil aan die US studeer – énige universiteit, trouens.

Ten spyte van u voorbeeld, u wat blykbaar self ’n anuslum van daardie universiteit is, hoop ek hulle leer hoe om feitelangs te hou en die skuimende gewoerwar van wilde aantygings te vermy. Dis nie omdat dieselfde leuens tot vervelens herhaal word dat hulle “waarhede” word nie! Selfs Goebbels kon dit nie regkry nie . . .

Debat Op Netwerk24 Oor Digter Breyten Breytenbach Se Toespraak Oor Afrikaans Aan Die Universiteit Stellenbosch:

Meer oor:  Breyten Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.