Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Nelie Smith se dood voel soos Hansie Cronjé s’n

Ek het met die nuus van Nelie Smith se verwagte dood – hy was die afgelope jaar of so baie, baie siek aan sy hart – kwaai emosies beleef, wat ek laas met Steve Strydom en Hansie Cronjé se dood ervaar het.

Nelie was ’n man wat gereeld lyne saam met die manne gevat het – selfs wanneer hulle padwerk­ gedoen het – ’n roete uit Bloemfontein uit en terug. Dan hardloop hy voor en die ouens­ moes wikkel om by te hou.

Hy het Klippies Kritzinger
in 1976 twee keer ’n dag laat oefen­ net om reg te kom vir
die Curriebeker-eindstryd
en die vierde toets teen die All Blacks – wat ons almal gewen het!

Nelie het my gewoonlik ná die Vrystaat-oefeninge eenkant geroep, dan het ons “kajuitraad” gehou oor die volgende dag se berig in Volksblad.

Daar was ’n baie noue band met Volksblad in daardie dae – ’n gesamentlike poging dus van Volksblad en afrigters saam met die span om die Curriebeker te wen.

Ek het nog foto’s wat met ewe groot genot om die beurt deur ou Lappies en ekke geneem is, wat wys hoe die spelers ons met wegwedstryde bietjie geroskam het.

Dit was lekker – jy’t gevoel jy’s deel van die span! Al was dit vervlaks seer, veral as daai groot hande van die twee Jansens – Joggie en Eben – op jou sitvlak ontplof!

  • Dit was aangename tye saam met die Vrystaatse rugbyspan. Van Rensburg is ’n oud-sportredakteur van Volksblad.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Nelie Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.