Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Net wit mense is glo rassiste

'n Paar jaar gelede het 'n wit regter gesê korrupsie is deel van swart mense se kultuur en hy is daaroor verguis. Later het pres. Jacob Zuma dit egter bevestig toe hy gesê het korrupsie is ’n Westerse begrip wat nie in Afrika bestaan nie.

Zuma beskuldig wit mense dat hulle swart mense se grond gesteel het, maar dit is nie rassisties om so iets te sê nie. Hy meld egter nie hoeveel swart mense aan die Khoi en San ­betaal het toe hulle uit die noorde ­gekom en hierdie mense se grond oorgeneem het nie.

Hy vergeet ook dat die Zoeloes ’n groot volk geword het deur ander mense se grond op gewelddadige ­wyse oor te neem. Uiteindelik het die Matabeles in Zimbabwe beland, en talle ander mense het tot in die ooste van Zambië en ook na Mosambiek en Tanzanië gevlug. In hierdie proses het ongelooflik baie bloed gevloei, meer as wat ’n mens kan sê van wit mense toe hulle grond oorgeneem het.

Dit lyk my slegs wit mense is rassiste, veral wanneer hulle uit hul ervarings praat.

Hulle mag nie eens bevestig wat swart mense self sê nie.

Manie Loubser

Witrivier

Meer oor:  Witrivier  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.