Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Ons moet saamstaan en saam bou

Dis met groot kommer dat ek die laaste paar weke die gebeure in ons land en veral by universiteite dophou. En soos menige rusbank-politikus het ek ’n ellelange lys van die moontlike “skuldiges” en hoe ek die situasie suksesvol sou kon oplos.

Tog haper iets. As dit so maklik is, hoekom brand die universiteite? Waarom die haat en nyd wat te sien is? Dis asof die reënboogdeel van ons nasie besig is om sy kleure te verloor. Asof elke “kleur” sy eie gang gaan. Die eenheid waarna ons so gestreef het, is besig om verlore te gaan.

Dis dan wanneer jy gedwing word om die hele storie vanuit ’n ander hoek te bekyk. En die eerste ding wat ek raaksien, is studente wat onseker is. Wat roep om hulp, leiding en rigting. Wat benoud en onseker oor hul toekoms is, maar wat miskien nog nie die emosionele volwassenheid het om hulleself anders uit te druk nie. Nee, ek praat dit nie goed nie, maar ek sien ’n wanhoop wat ongelukkig oorgeslaan het in dade, juis omdat hulle voel dat hulle nie gehoor word nie. Natuurlik is ons almal benoud: Gaan daar nog iets vir ons kinders oor wees?

Die land wil-wil amper swig onder die enormiteit van haar gebrokenheid, haar broosheid. Maar ons sal dit nie toelaat nie! Dit is net nog ’n hekkie waaroor ons suksesvol sal kom. Ek glo in Suid-Afrika en in haar kinders. Ek glo dat die reënboog weer sy kleure bymekaar sal hark en ons sal lei na die spreekwoordelik pot goud. Ons moet net almal saamstaan, saam glo en nie ophou bou aan die land nie.

Dis tyd dat ons almal hande vat, dat ons die studente omarm en dat ons saamstaan vir dit waarin ons glo, naamlik ’n Suid-Afrika vir elke ras en nasie.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.