Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Ons wêreld loop nie juis oor van waardering nie

Dis weinig beskore om met die terugkyk te kan sê hulle het bereik wat hulle wou, al hulle afsloof was die moeite werd. Immers, ondank is wêreldsloon, sê die spreuk mos.

En wie ken nie – byvoorbeeld – diep teleurgestelde ouers nie? Vriende wat oor jare veel sou belê in verhoudings, selfs huwelike, maar tevergeefs. Kollegas wat op ’n dag met skok moes ervaar hulle was veel meer lojaal aan hul werkgewers as dié aan hulle. Kennisse wat sou aftree met die gevoel dat hul drome van destyds toe nooit werklik vervul is nie. Politici wat smaak hoe jare se openbare diens nie onthou word, of dalk opweeg teen kollegas se ambisie en populistiese hoon nie. Sportlui wat met teleurstellings belewe hoe jare se opoffering en genot oornag vergeet en deur elke Jan Rap en dié se leunstoelmaters gesmaad word.

Nee, ons wêreld loop nie juis oor van waardering en erkentlikheid nie. Ook profete word immers nie in hul eie land geëer nie, nóg Bybelse profete nóg literêre profete soos Nietzsche se Zarathustra en Gibran se Almustafa.

As laasgenoemde op ’n dag sy skip sien nader, word hy bedroef en wonder in sy hart hoe hy kan vertrek sonder verdriet. Hy kan dié stad nie verlaat sonder ’n verwonde gees nie, besef hy, want sy dae van pyn en nagte van eensaamheid dáár was te veel en te lank. Niemand kan tog van hul pyn en eensaamheid afskeid neem sonder leed nie?

Te veel “brokkies van sy eie gees” lê hier oral rondgestrooi, soos “menigvuldige kinders van sy eie verlange”, om hom sommer net te kan onttrek.

Te veel “brokkies van sy eie gees” lê hier oral rondgestrooi, soos “menigvuldige kinders van sy eie verlange”, om hom sommer net te kan onttrek. Weggaan is nie ’n kledingstuk wat hy uittrek nie, maar ’n stuk vel wat hy met eie hande afskeur, dink hy. Wat hy agterlaat, is nie bloot sy gedagtes nie, maar ’n hart oor jare met honger en dors gevul, besef hy.

As hy stemme hoor roep en mense van oral sien nader, wonder hy stilweg of sy aand dalk nog sy oggendstond gaan word.

Of hulle nóú dalk – skielik! – sy woorde sal waardeer. Of die dag van skeiding dalk – ironies! – die dag van samekoms sal word.

Want so is dit immers óók moontlik in ons wêreld, dat ons aand dalk nog ons oggendstond word, ons afskeid miskien ons samekoms. Ook óns erkentlikheid kom immers soms eers met die groet, straks selfs te laat? Dis daarom half jammer dat mense nie eintlik hul eie begrafnisse kan bywoon nie, of hoe?

Dink net hoe bly – en verras! – vele mag wees oor al die erkentlikheid wat ons dáár betuig en al die dank en hulde wat ons – uiteindelik – bring. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.