Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Pas asseblief ons spaargeld op

Mooi so, staatsamptenare se pensioenfonds! Die SAL se reg­rukplan is nie uit die staatsamptenare se pensioenfonds betaal nie.

Dankie aan die GEPF wat vasgeskop het teen enige reddingsboei (of word dit her­kapitalisering genoem?) uit die fonds.

Die Onafhanklike Beleggingskorporasie (OBK) as die fondsbestuurder van die pensioenfonds behoort waaksaam te bly om sy mandaat só toe te pas dat dit tot voordeel van die GEPF strek.

Hy moet as beleggings­bestuurder van die pensioenfonds die fonds se belange eerste stel. Pas tog asseblief ons spaargeld op.

Bêre die spaarvarkie vir wanneer die pensioentrekkers ’n verhoging moet kry.

Dit klink amper onmoontlik dat vir die 1,6 miljoen staatspensioentrekkers slegs een verteenwoordiger in die GEPF se raad van trustees van 16 lede dien.

Nietemin, nogmaals dankie aan die trustees wat tog kan tande wys en dit met die SAL se reddingsboei bewys het.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.