Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Rassisme: Wie speel raskaart?

Die stelling van dr. Albertina Luthuli, die dogter van Albert Luthuli, in Rapport, dat “Swart-op-wit-rassisme nie bestaan nie”, is ’n mite.

Waaroor ek wel met haar saamstem, is dat as ons nie rassisme vernietig nie, dit ons gaan vernietig. Waarom het rassisme skielik met soveel energie na die oppervlak gekom in ’n jaar waar daar ’n verkiesing op hande is? En wie speel hierdie kaart vir politieke gewin? Dit is al wat die regering van die dag nog het om hul kiesers mee te beïndruk: die rassekaart. Dit moet dien as kamoeflering vir hul mislukkings van die afgelope 22 jaar.

Luthuli is reg as sy sê dat die ongeregtigheid van die verlede nie in 22 jaar uitgewis kan word nie. Waaroor sy niks sê nie, is die gebrek aan progressiewe vordering wat die regering in hierdie tydperk gemaak het om versoening aan te help.

Armoede is die oorsprong van soveel diskoerse sedert 1994. Hoe het die regering verdeling van rykdom verstaan?

’n Klompie “vet katte” wat oornag miljoenêrs geword het deur die staatskas te plunder óf deur vergrype óf deur korrupsie? Watter aandeel het rassisme en apartheid hierin gehad? Die regering se onvermoë om welvaart vir die landsburgers te skep word nou aan die klok van rassisme gehang.

Op tersiêre gebied, op sportgebied en selfs op sosio-ekonomiese gebied moet wetgewing nou afgedwing word om hul kiesers met die woord “transformasie” te beïndruk.

Dit op sigself onderstreep bloot hul mislukkings. Dit is waarskynlik makliker gesê as gedoen, maar ek dink swart mense moet hul diverse komplekse besweer. Ons gemeenskaplike doel moet steeds wees om ’n leefbare omgewing vir ons en ons kinders te skep – ongeag van kleur.

Mense soos dr. Albertina Luthuli en die skrywer en rolprentmaker ­Gillian Schutte moet hieraan meedoen. Ons het genoeg van mense gehad wat voortdurend net die kookpot wil roer.

Meer oor:  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.