Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Somerset-Oos ontwikkel steeds

Dankie, Albert Troskie, vir “Somerset-Oos nog verval gespaar” (30.06).

Somerset-Oos, aan die voet van die manjifieke Bosberg, is asemrowend! Gill Kollege se geboue verteenwoordig drie eras; die Ou Universiteitsgebou (vanaf 1869), die Herbert Baker-gebou (vroeë 1900’s) en die Amalgamasie-gebou (Gill-seuns en Bellevue-dogters het in 1964 saamgesmelt onder hoofskap van die formidabele Shorty Naudé).

Somerset-Oos het nie verval nie. Onder leiding van die Cacadu-ontwikkelingsagentskap is ’n nuwe lughawegebou met ’n teeraanloopbaan en afstandsbeligting tot toeriste en sakelui se voordeel. ’n Vliegskool, Progress Flight, behartig die opleiding van vlieëniers. Teenaan word ’n nywerheidspark ontwikkel. Besoekers geniet die fietsry- en wandelpaaie op Bosberg.

Gill Kollege staan ook nie stil nie! Weens die sterk band met die Oud-Gilliane-Unie, word kundigheid gedeel. In Februarie is ’n ooreenkoms met OP Krieket gesluit. ’n Krieketakademie met professionele afrigters is gestig wat krieket by alle skole en gemeenskappe bevorder.

Weens die leemte in ons onderwysstelsel, asook werkloosheid in SA, werk ons saam aan ’n model om relevante vakke en vaardighede by die kurrikulum en buitemuurse program in te voer. ’n Ooreenkoms is gesluit met Progress Flight om leerlinge as vlieëniers op te lei.

Alles sluit aan by die skool se leuse, Sursum prorsusque (Opwaarts en voorwaarts).

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.