Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Staatskaping - sluit die geldkaste

Ek kyk elke Sondagaand na die reisprogram Voetspore: Van Gansbaai tot Gaboen. Op een van die dele van die avontuurreis besoek die groep Lamba­rene, ’n gemeenskappie langs die Ogowerivier in Gaboen. 

Die volgende oomblik herleef ek my dae as onderwyser in Duits, 50 jaar of langer gelede. As een van die Duitse voorgeskrewe boeke behandel ons met die matrieks dr. Albert Schweitzer se boek oor sy lewe en werk in Lambarene.

As Europeër het hy op verskeie wyses kennis gemaak met die gebruike en kultuur van die gemeenskap.

Hy was nie slegs sendeling nie, maar ook geneesheer. Die oorblyfsels van die kerk en hospitaal is nog te sien, asook die huis waarin hy gewoon het. Sy lewenstaak het hy daar voltooi en hy is ook daar begrawe. 

Van die interessante ondervindings wat hy in die boek beskryf, was die verskille tussen die mense van sy grootwordjare en dié van die Afrikane met wie hy nou kennis gemaak het.

 
Hy vertel onder meer dat hy ’n baie goeie kok gehad het. Op ’n dag merk hy dat die man nors en ontevrede is. By navraag sê die man hy is kwaad omdat dr. Schweitzer nie sy kaste sluit nie.

In sy kultuur beteken dit basies dat dit van hom verwag word om te vat wat nie syne is nie.

Nou het ek gedink, maar in ’n tyd van staatskaping is dít mos ons oplossing: Sluit die staatskas en alle ander kaste waar daar geld is. Die probleem is natuurlik: Wie hou die sleutel!

Meer oor:  Gansbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.