Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Suna, Wayde is waardige rolmodelle

Suna Venter en Wayde van Niekerk – albei hierdie pragtige jongmense is ’n toonbeeld van “die goeie wedloop voltooi”.

Venter is ’n ikoon wat haar ­lewe veil gehad het vir ’n etiese bedeling. Sy was só beginselvas dat nie eens fisieke en emosionele teistering haar van koers kon bring nie. Sy het gesterf vir die vryheid van spraak.

Om verder nie eens te praat van die wonderlike eienskap om uit te reik na vlugtelingkinders in ver lande nie. Min mense is op só ’n jong leeftyd al só ingestel op ander se ellende.

Van Niekerk is weer ’n toonbeeld van toewyding en nederigheid. Eienskappe wat hom gedra het tot die hoogtes wat hy bereik het. Hy is so koel soos ’n komkommer met sy vlugtige voete vierkant op moeder aarde. Wat ’n atleet – die beste wat die land nog opgelewer het.

Wie’t nou weer gesê: “Stil, broers, daar gaan ’n vrou/man verby”?

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.