Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Swart elite minag Afrikaanse opinie

Tydens ’n gesprek waar oorwegend stoere oud-ANC-leiers – kredietwaardige stryders vir vryheid en demokrasie – teenwoordig was, het ’n wolk van mismoedigheid oor my geval.

Afrikaanse kritiek op die ANC, soos ook my eie, is eintlik van nul en gener waarde. Die rede? Dit is in Afrikaans en in Afrikaanse koerante. En ANC-leiers lees nie Afrikaans nie.

Presidente Mandela en Mbeki het in hul termyne iemand gehad wat Afrikaanse artikels in Engels vertaal het sodat hulle dit kon lees. Mandela het self ook moeite gedoen om Afrikaanse koerante te lees.

Het die Zuma-dinastie enige belang by wat in Afrikaanse koerante geskryf word, behalwe binne dié dinastie se intelligensie- en veiligheidsdienste?

My subjektiewe indruk? Dié dinastie voel vere vir wat in Afrikaanse koerante geskryf word! Afrikaanse kommentators skryf hoofsaaklik vir wit Afrikaanse mense! Só verneem ek. Die een belangrike amptenaar ken géén enkele (wit) Afrikaanse kommentator wie se naam ek noem nie! Afrikaners, só sê hy, praat net met hulself.

My punt: Daar is eintlik géén betekenisvolle openbare dialoog tussen Afrikaner-kommentators en die nuwe, oorwegend swart politieke elite nie. Waarom? Die taal sluit dit uit én die voertuig (soos koerante).

Wit Afrikaners, soos ekself, voer hoofsaaklik ’n gesprek met hulself. Nie met die meerderheid van hul landgenote nie.

As dit so is dat die medium die boodskap is, het Afrikanerkommentators geen welwillende nasionale boodskap nie! Hulle is gereduseer tot hoofsaaklik etniese randfigure.

Kán die marginalisering deurbreek word? Hoe? Dít is ’n fundamentele vraag vir álle mense.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.