Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Taxi's: Dieselfde padreëls, dieselfde rentekoerse

Die taxi’s vra hulp van motoriste, want hulle wil dieselfde rentekoers as Jan Alleman betaal. 

Dan sal hulle moet bestuur en padreëls gehoorsaam soos Jan Alleman. 

Rooi verkeersligte en stoptekens beteken ’n mens moet stilhou.

Verkeerskruisings is nie oplaaipunte nie. Soliede wit strepe beteken ’n mens mag nie verby ander voertuie ry nie en so kan ek aangaan. 

Hulle bestuur asof die paaie aan hulle behoort, stel ander mense se lewe in gevaar en pas geen padreëls toe nie.

Dít is hoekom hulle meer betaal. Dit is eintlik arrogant om te dink motoriste moet help.

Meer oor:  Taxi's  |  Motoriste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.