Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Verpligte Afrikatale: Leer uit ons verlede

“Afrikataal deel van leerplan van 2018” (07.07): Dit is bemoedigend dat onse onderwysdepartement uiteindelik sover kom om stukrag te verleen aan ’n plan van 2013 om die onderrig van “Afrikatale” te bevorder.

Ingevolge die departement se Toenemende Invoer van Afrikatale Strategie (Tias) is die aanleer van die tale op skool verpligtend van 2018.

Sover het die bevrydingsbeweging-in-regering taalplig soos die pes vermy weens die onvermydelike onbeplande gevolge. Ofskoon Suid-Afrika se vroeëre tweetaligheidsverpligting (Afrikaans/Engels) byvoorbeeld nie altyd populêr was nie en tot Soweto 1976 aanleiding gegee het, het dit volgens navorsing deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing in die 1970’s beslis tweetaligheid verbeter, linguistiese burgerskap gekultiveer en sosiale kohesie onder bepaalde sektore van die bevolking bewerkstellig.

Tias kan soortgelyke resultate lewer, mits die nuwe drietaligheidsverpligting proaktief ingevoer en nie as strafmaatreël toegepas word nie.

Meer oor:  Uv  |  Brief  |  Lesersbrief  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.