Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Vloekende Vierkleur-swaaiers na Parys ingevoer

Ek was in Parys om steun te wys vir die boere wat hier in die hof verskyn het in verband met die beweerde moord op twee vermeende plaasaanvallers.

Wat my gepla het, is die mense met hulle Vierkleur-vlae.

Ek is nie skaam vir die Vierkleur of Die Stem nie, maar dit was onnodig dat hierdie paar “ingevoerde” mense probeer punte maak het vir watter organisasie hulle ook al aan behoort.

Ek dink iemand probeer onnodig konfrontasie uitlok.

Dit het vir my gelyk soos ’n paar werklose mans en vroue, ongeveer 20 in totaal, wat aangery is om hier te kom moeilikheid maak.

Hul gevloekery het hulle laat daal tot die vlak van die swart protesteerders wat eerste begin het om moeilikheid te soek.

Hulle is beslis nie boere nie, ek werk elke dag met boere en hulle is ook nie van Parys of die Vrystaat nie.

Dit was net hulle paar wat Die Stem gesing het – en dit is maar swak gedoen.

Ek dink die meeste van hulle ken nie eens die woorde van Die Stem nie!

Die swart mense het liedjies gesing en dit geëindig met “jou ma se p**s”.

Skande en onwelvoeglik!

Die verwaandheid van sommiges behoort aan die groot klok gehang te word en behoort uitgesaai te word en verdien ook om oor berig te word. Hulle was die aggressors.

Hulle het ook eerste begin om met waterbottels, klippe en bottels te gooi!

Dankie aan almal wat soos beskaafde mense opgetree het.

Jan De Klerk,

Kroonstad

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.