Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Wanbesteding dompel SA in skuld

Ek verwys na die berig

“R46,36 mjd. onreëlmatig bestee – OG” (17.11).

Dis ’n allemintige bedrag en dit toon duidelik dat vele staatsinstellings nie kragtens die Wet op Openbare Finansies en Bestuur bestuur word nie. Boonop dui ’n oudit slegs op finansiële verslagdoening eerder as op doeltreffendheid van dienslewering. Sou dit ook op die een of ander wyse gemeet kon word, sou belastingbetalers waarskynlik selfs meer geskok staan.

Verlede week het André Mellet op RSG op Monitor, met verwysing na die OG se verslag, melding gemaak van staatskuld van R2,2 triljoen. Dit plaas ’n geweldige en steeds groeiende rentelas op die land.

Hy het ook verduidelik waarom grootskaalse korrupsie in staatsaankope toegeskryf kan word aan die diskresionêre besluitneming deur staatsaankopers. Dit lei daartoe dat tenderpreneurs baat vind daarby en die staat swak waarde vir geld kry. Die beter tenderaars word eenvoudig uitgeskakel.

Uit eie ervaring in tenders vir verskeie dienste aan die staat, provinsies en munisipaliteite kan ek hiervan getuig. Stel jy ná die tyd ondersoek in, vermoed jy dat die aanvaarde tender nie die voordeligste vir die betrokke instelling was nie.

SEB-bepalings in tenders maak die deur vir korrupsie nog wyer oop.

Terwyl die staat roekeloos voort bestee, trek die gewone belastingbetaler al hoe swaarder. Al sektor waar daar die laaste jare ’n toename in indiensneming was, is die staat. Ons het van die meeste staatsdepartemente, ministers, generaals en ambassades in vergelyking met ander vergelykbare lande. Daarenteen kwyn ons fabrieksektor. Ons klere- en tekstielnywerhede, asook die staalbedryf is reeds grootliks aan China afgestaan.

Die VSA het sy fabrieksektor grootliks aan die Ooste afgestaan, daarom sit hy tans met staat­skuld van $20 triljoen. ’n Land groei deur groei in die private sektor, veral landbou en fabriekswese, nie deur groei in die staatsdiens nie.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.