Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Wat het van ons polisie geword?

Ek kan nie glo kapt. Morris “KGB” Tshabalala, ’n misdaadintelligensie-agent wat twee jaar tronkstraf uitgedien het, het uit die selle na sy lessenaar gestap nie (City Press, 02.07).

Hy was in die tronk weens ’n transito-rooftog. Boonop het hy sy volle salaris ontvang terwyl hy in die tronk was.

Nou is hy weer ’n verdagte – dié keer in die rooftog van R200 miljoen by die O.R. Tambo-lughawe in Maart vanjaar.

Wat het van ons polisiediens geword? Dit is hoogs onaanvaarbaar dat die mense wat ons moet beskerm, self misdadigers is of van misdaad verdink word.

Boonop is dit ’n verkwisting van kosbare geld wat ’n paar armes se omstandighede kon verbeter het.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Lesers Sê  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.