Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Wat sou ander moondheid doen?

Ek kan nog glo dat pres. Jacob Zuma verkeerd aangehaal is of dat hy hom selfs verspreek het toe hy glo gesê het die land se moeilikheid het begin toe Jan van Riebeeck in Kaapstad aangekom het.

Ek kan die ANC-LP Deborah Raphuti egter nie verskoon dat sy die aankoms van Van Riebeeck nie binne ’n paar eeue korrek kan raai nie (“Van Riebeeck het 2 000 jaar gelede als gesteel”, DB, 20.05). As dit ’n aanduiding is van haar kennis van ons geskiedenis, is dit sterk te betwyfel dat haar ander uitsprake geloofwaardig kan wees.

Daar was ’n tyd toe Europese en Oosterse moondhede op hul ontdekkingstogte vastelande ontdek en gekarteer het. Grondgebiede is geannekseer, en kolonies het ontstaan met hul eie regeringsvorme, kulture en tradi­­-sies – nie net aan die suidpunt van Afrika nie.

Nou is dit seer sekerlik een van die onvermydelikhede in ons geskiedenis dat as Van Riebeeck se mense nie die Kaap beset het nie, sou ’n ander moondheid dit gedoen het.

Ek sal graag by die agbare lid verneem hoe sy dink die land staatkundig sou ontwikkel het as ’n ander moondheid die Kaap beset het. Wat van die ander aanspraakmakers wat vir ’n inkomkans gesit en wag het? Watter regeringsvorm sou sy verwag het van die swart volke wat reeds voor die tyd van Van Riebeeck besig was om suidwaarts te migreer en kort voor lank skouers met die San- en Khoi-mense van die Kaap sou skuur? Dalk sal sy ’n paar vermaaklike menings hieroor kan lug.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.