Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Wat verstaan jy onder versoening?

Johan Hall se brief (DB, 25.08) waarin hy neerhalend sê dat hy baie min voorbeelde van versoening van wittes vind, kort ’n ernstige teregwysing.

Die groot vraag is: Wat verstaan ons onder die vaandel van “versoening”? Is dit om onvoorwaardelik jou voormalige verdrukker of verontregter te vergewe? Dan dink ek dat die wittes al heelwat versoeningsdade verrig het.

Hulle, en spesifiek Afrikaners, het die Engelse oorwinnaars vergewe vir die 26 000 vroue en kinders wat van 1900 tot 1902 in “kampe” vermoor is. En tans word hulle by die honderde vermoor en op hul plase aangeval, sonder dat hulle hul gewere gryp en ’n ieder en ’n elk voor die voet gaan doodskiet. (Lees Indian Genocide in America in dié verband.)

Is versoening om te stem vir ’n grondwet wat dit uitstippel dat teen niemand gediskrimineer sal word nie op grond van geslag, ras (wat dit ook al beteken) en godsdiens – en dan, ten spyte van die Grondwet se “wigte en teenwigte”, te sien dat “wittes” nie die kortlys haal vir ’n pos of bevordering nie, of selfs ’n plek in ’n universiteitskursus, omdat hulle te “wit” is?

Hoeveel meer van ’n versoeningsdaad is dit nie om te sien hoe jou pensioenfonds verarm word deur ondeurdagte bestuursbesluite wat geneem word en dit dan gelate te aanvaar.

Wat meer verwag jy moet “wittes” as versoeningsdaad doen terwyl ons ryke sporttradisies verfrommel word om kwotas te volbring, om politieke dienstigheid ten toon te stel terwyl ons die grap van die internasionale arena word?

Wat ’n groot daad van versoening is dit nie dat honderde “wit” pare swart wesies aanneem – my bure ingesluit?

En les bes, mnr. Hall, wanneer laas het jy in Kaapstad rondgeloop en die aantal gemengde pare gesien? Wat meer van versoening kan ’n mens openbaar as om jou “verdrukte” in jou bed (sic) te verwelkom?

Maar seker ’n groter gebaar van versoening wat misgekyk word, is die duisende “wit” kinders wat die land verlaat het (myne ook) om sodoende meer werksgeleenthede vir ons medeburgers oop te laat. Is dit nie ook ’n gebaar van versoening nie?

Kyk ek dalk hier die kern mis?

Meer oor:  Durbanville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.