Ek sal nie maklik oorlog maak oor ’n standbeeld nie. Maar as daar een beeld is wat Suid-Afrika nodig het, is dit een vir die boer. Ek sou ’n beeld van boere – manlik en vroulik, swart en wit – langs die een van oudpres. Nelson Mandela op Naval Hill in Bloemfontein wil sien.