Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
2018: 'n Jaar van skokke én oorwinnings

Wat ’n jaar was dit nie. Soos 2018 tot ’n einde gekom het, het ons onwillekeurig terug gekyk na alles wat in die afgelope 365 dae gebeur het.

Danielle Lifschitz
Danielle Lifschitz

Natuurlik was daar baie wat verkeerd geloop het, soveel wat ons in hierdie jaar teruggehou het: die skok van die onthullings by die Zondo-kommissie; ons is sprakeloos gelaat deur ’n jong man wat ’n dogtertjie in ’n restaurant-toilet wreed aanval, ons moes luister na al die besonderhede van alles wat ’n medestudent moes deurmaak voor haar dood, ons moes hoor van die afsterwe van mense wat die wêreld op soveel verskillende maniere beïnvloed het: Stephen Hawking, Winnie Madikizela-Mandela, XXXTentacion.

Baie om te vier

Maar selfs te midde van al hierdie dinge, is dit so belangrik om dít wat wel gewerk het, te onthou en te vier. Hier is ’n paar merkers van mense se bydraes wat ’n beter wêreld gebou het, die riglyne vir dít wat volhoubaar is, die broodnodige aanmoediging om aan te hou om goeie dade te doen.

Hier is ’n paar van die ongelooflike uitvindings, veranderinge en suksesse wat uit hierdie jaar gekom het:

  • Vroue in Saoedi-Arabië hoef nie meer toestemming te vra om te reis of te studeer nie en mag nou ook bestuur.
  • Die vonnisoplegging van Larry Nassar en Bill Cosby het lig gebring vir soveel mense se stories van mishandeling, beide mans en vrouens.

  • Oprah Winfrey het die ongelooflikste toespraak gelewer oor seksuele teistering toe sy die Cecil DeMille-toekenning ontvang het vir ’n lewenslange bydrae.

Hierdie klein gebeurtenisse het deel uitgemaak van ’n massiewe golf wat individue gehelp het om oor onreg te praat.

Dit het baie van dié wat stom en onsigbaar is, bemagtig. Dit het baie ander bewus gemaak van dít wat voorheen meestal onuitspreekbare lyding was.

LEES OOK: Pres. Ramaphosa, dink mooi oor grondverdeling

Ocean’s 8 het hierdie jaar die lig gesien. ’n Kragtige film wat vroue op nuwe maniere uitbeeld: baie sterk vroue, nie net die goeie vrouens nie, en almal van hulle daag konvensionele reëls uit.

Black Panther het op die toneel verskyn. Afro-futurisme op sy beste – ’n multigenre-benadering tot die positiewe moontlikhede van tegnologie deur en vir swart mense oor tyd en ruimte heen van kuns, musiek en wetenskap. Ava DuVernay was die eerste swart vrou wat ’n fliek geregisseer het wat meer R1.3 miljard verdien het.

Die mediabedryf het nie net grense verskuif nie, maar in hierdie gevalle het hulle ook die samelewing gehelp om meer oopkop en erkentlik te wees en menslike diversiteit te vier.

’n Wye verskeidenheid nuwe tegnologieë het bygedra tot ’n kleiner koolstofvoetspoor, tot ’n meer volhoubare leefstyl, tot ’n gesonder planeet wat vir die volgende generasie agterlaat word.

Ons neem selde albei kante van die muntstuk in ag wanneer ons iets soos ’n gebeurtenis of ’n tydperk wil verduidelik. Te veel keer moet ons kies of ons die slegte of die goeie gaan uitlig.

’n Nuwe ingenieursmetode is ontwerp om die koolstof wat tydens die brand van natuurlike gasse vrygestel word, vas te vang.

Babel-Fish Earbuds, wat aanlyn vertalingtegnologie gebruik, stel mense in staat om mekaar verstaan terwyl hulle verskillende tale praat.

Hernubare energieprojekte ter waarde van R50 miljard is in Suid-Afrika se private sektor geïmplementeer.

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons dien met geregtigheid

Die suidelike witrenoster, Indiese renoster, die panda, die sneeuluiperd en die Noord-Amerikaanse gryswalvis is van die bedreigdespesielys afgehaal in 2018.

En op ’n ander baie belangrike noot: Suid-Afrika is aangewys as die sewende grootste wynprodusent in die wêreld. Ons verskaf 3,9% van die wêreld se wyn. So, moenie bekommer wees nie, dit sal nie vinnig opraak nie…

Twee kante van die saak

Ons neem selde albei kante van die muntstuk in ag wanneer ons iets soos ’n gebeurtenis of ’n tydperk wil verduidelik. Te veel keer moet ons kies of ons die slegte of die goeie gaan uitlig.

Dit is die erkenning van albei, en die spanning tussen die twee, wat vir ons ’n manier gee om aan te gaan.

Vanuit ondergang en krisis kom groei en kennis. Vanuit sukses kom nuwe druk, en daarmee saam, bruikbare motivering. Albei kante speel ’n rol in die versekering dat ons onsself op elke gebied kan oortref in die jaar wat voorlê, 2019.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.