Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
21ste eeu: Is goeie verhoudings daarmee heen?
Divan Eloff

In hierdie gejaagde 21ste eeu met sy “nuwe normaal” word die kaf van die koring geskei as dit by ons verhoudings en vriendskappe kom.

Dit het ’n nasionale inperking gekos om my te laat besef watter van my verhoudings werklik belangrik is en watter ek minder nodig het.

Dit laat my by die vraag: Moet ons fokus op kwaliteit of kwantiteit in verhoudings?

Natuurlik sal die meeste van julle antwoord dat vriendskappe en verhoudings van goeie gehalte die belangrikste is, maar tog weet ons deesdae so min van mekaar.

Weet jy regtig hoe dit met jou beste vriend of vriendin se hart gaan?

Die persoon op jou selfoonskerm is nie noodwendig die persoon in die werklikheid nie.

Dit laat my terugkom na sekerlik een van die mees bespreekte onderwerpe in hierdie eeu: ons beheptheid met sosiale media.

Sosiale media en tegnologie vergemaklik alles. Ek is ’n introvert en superskaam, so dit is vir my wonderlik om kruideniersware aanlyn te kan bestel. En om sommer in my huis op hoogte te bly van al die jongste nuus, is uitstekend!

Maar sosiale media ontneem ons van ons primitiewe instinkte. Een hiervan is ons vermoë om goeie mense-verhoudings te ontwikkel.

Jy ken nie noodwendig die persoon op die selfoonsk
Jy ken nie noodwendig die persoon op die selfoonskerm nie, al praat julle daagliks, meen Divan Eloff. Foto: Unsplash

Net omdat ’n “vals Kurt Darren-rekening” jou volg, beteken nie dat jy en Kurt beste vriende is nie, Ma!

Dit is presies ons manier van verhoudings meet. Die getal followers bepaal ons gewildheid, bepaal die getal vriendskappe wat jy het en die waarde van ons nuwe verhoudings. Dit kos een “trend” of “post” wat jy mis en al daardie sosiale-media vriendskappe verbrokkel voor jou oë.

Ons moet streef na kwaliteitverhoudinge, maar kwantiteit oorheers die meeste van die tyd. Dit kos slegs een goeie vriendskap om werklik gelukkig en tevrede te wees.

Een vriendskap buite die spektrum van sosiale media, waarin alle partye ewe veel ondersteuning bied en mekaar opbou en dra.

Kuier-leiers gaan definitief met my stry en sê hoe meer mense jy ken, hoe beter. Dit gaan egter nie noodwendig oor hoeveel mense jy ken nie, maar eerder oor wie jy ken.

. . .egte verhoudings iets is wat slegs in televisie dramas gesien word.

Ons het die swart-en-wit-uitkyk op verhoudings verruil vir die meer onbekende grysgebied waarin almal almal se vriend is en egte verhoudings iets is wat slegs in televisie dramas gesien word.

Nie dat dit ’n slegte ding is om met almal vriende te wees nie, maar soms is dit belangrik om te weet wie jou werklik gaan bystaan in jou uur van nood, want al daardie “followers” is nie noodwendig so agter jou soos jy sou dink nie.

Die egtheid van verhoudings gaan verlore in die 21
Die egtheid van verhoudings gaan verlore in die 21ste eeu. Foto: Unsplash

Soos Winston Churchill gesê het:

“One always measures friendships by how they show up in bad weather.”

Ek kan ’n miljoen volgelinge hê, maar die mensekennis van ’n klip.

Waarde word gemeet aan jou betrokkenheid, jou ondersteuning en jou deelname in verhoudings.

Ek sal veel eerder een goeie vriend wil hê wat na my luister as honderde wat eintlik niks van my persoonlike lewe weet nie.

Ek dink dit is belangrik om weer plek te maak vir gesprekke van aangesig tot aangesig.

Ja, al is dit 1,5 m van mekaar af, want op hierdie manier kan daardie vermoë om egte verhoudings te ontwikkel weer natuurlik in elkeen van ons aangaan.

So kan gehalte weer hoogty vier.

  • Divan Eloff studeer sielkunde en geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit. Hy kom oorspronklik van Riebeeckstad in die Vrystaat.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat?Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Die Student  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.