Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Afrikaans roep om hulp!
Salna Connan Jacobs
Salna Jacobs

Afrikaans vloei deur my are. Dit is deel van my DNS. Dit is my taal, my trots.

Afrikaans is waarin ek baklei, waarin ek liefhet en my diepste geheime met mense na aan my deel. Dis my moedertaal, my hartstaal. Afrikaans is wie ek is.

Kleurryk en uniek met variëteite soos Kaaps, Namakwalands en vele meer. Ougat-sêgoed soos “poenankies”, “Jy is oulik” en “lekker” bly ’n mens by. Bekende skrywers soos Adam Small, Ingrid Jonker en Eugène Marais verryk ons geskiedenis.

Dit is ons taal, ons trots.

Dít was ’n skok

Afrikaans klink so lekker op die tong, maar waar is ons taal dan vandag as ons kyk na die taal in sosiale konteks?

As ’n eerstejaar by die Universiteit Stellenbosch, het ek besef dat Afrikaans stadig maar seker besig is om onder die jeug te verdwyn.

Wat vir my ’n groot skok was, is die feit dat daar nie ’n opsie was om jou klas in Afrikaans by te woon nie. Al opsie wat daar was, is tolke en die tolkgeriewe is nie goeie gehalte nie.

LEES OOK: 'Afrikaans is siek, want ons mense is siek'

Alhoewel daar nog die keuse is om jou vraestel in Afrikaans te skryf, het een van my taalwetenskap-dosente my aangeraai om eerder my vraestel in Engels te skryf.

Hoe kan daar verwag word van studente om goed te doen in hul vakke en eksamens as jy dit nie eens in jou moedertaal kan skryf nie? Ons weet almal dit is beter om in jou moedertaal onderrig te word. Ek kan self getuig daarvan. Met een van my vakke het my persentasie met 10% gestyg toe ek my opdrag in Afrikaans lewer.

Hoe kan daar verwag word van studente om goed te doen in hul vakke en eksamens as jy dit nie eens in jou moedertaal kan skryf nie?

As ons kyk na Afrikaans buite die akademiese instellings word daar nie eens Afrikaans gepraat op die strate nie. Selfs tussen jou en jou vriende word dit nie meer gebruik nie.

Om jou hoor jy hoe Afrikaans tot in die stiltes verdwyn. Jy sien dit gebeur met jou eie oë.

Toekoms in jeug se hande

Maak dit jou nie bekommerd nie? Laat dit jou nie wonder waar Afrikaans oor tien, 20 of 30 jaar gaan wees nie? Die vraag wat op almal se lippe hang, gaan Afrikaans ooit nog daar wees?

Dit is vir my ’n hartseer storie wat my diep raak. Ek is baie lief vir en passievol oor my taal en daar is geen taal vir my so mooi soos Afrikaans nie.

Ek is baie lief vir en passievol oor my taal en daar is geen taal vir my so mooi soos Afrikaans nie.

Ek wil my nasate laat voortleef in Afrikaans. Ek wil vir hulle die geleentheid gee om hulself uit te leef in hul moedertaal. Hoe maak ons nou om dit te keer? Waar begin jy?

Ek voel dit is ons Afrikaanssprekendes se verantwoordelikheid. Dié saak lê ook in ons jeug se hande. Die jeug is die toekoms van die land. Ons moet saamstaan, vir Afrikaans opstaan. Ons moet ons stem dik maak vir ons taal.

Afrikaans as ’n taal van die verdrukker is lankal verby. Ons as jeug het nou die vermoë om die toekoms van Afrikaans te herbou en op te bou tot die potensiaal wat ek glo dit kan bereik.

Afrikaans vloei deur my are. Dit is deel van my DNS. Dit is my taal, my trots.

Aan my mede- Afrikaanssprekende student: Maak gebruik van die Afrikaanse geriewe wat tot jul beskikking is. Skryf jul vraestelle en opdragte in Afrikaans. Praat in jou taal. Dit is jou reg. As ons dit nie gaan doen nie, gaan Afrikaans ongelukkig uitsterf en dis een ding wat ek wil verhoed.

Afrikaans, my taal, my trots.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.