Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Dis okay om sexy te wees én kerk toe te gaan!'
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

My kêrel vra my wat ek dink my roeping is en ek antwoord sonder twyfel: “Om vroue te bemagtig.”

My passie as lewensafrigter lê daarin om vroue te help om hul stem te vind in hul verhouding, werkslewe en in hul identiteit as vrou.

Daar is natuurlik verskillende onderwerpe ten opsigte van vroue-bemagtiging, maar ek gaan hier gesels oor net ’n paar wat hand-aan-hand stap: kleredrag, seksualiteit en sexy-wees.

Aan my mede- Afrikaanse vrou wil ek begin deur te sê dis oukei om sexy te wees en sexy te voel.

Die meeste van ons het grootgeword in konserwatiewe huishoudings wat deel is van ons kultuur.

Dit is nie ons ouers se skuld nie, maar baie van ons het in die proses nooit geleer om ons seksualiteit en vrouwees ten volle te aanvaar nie.

My passie as lewensafrigter lê daarin om vroue te help om hul stem te vind in hul verhouding, werkslewe en in hul identiteit as vrou.

Ons glo daar is iets daarmee verkeerd om ’n cleavage, Brasiliaanse snit-bikini of ’n kort toppie te dra wat ’n bietjie van jou maag wys, want “wat sal die mense dan nou dink?”

Dit maak my hartseer as ek jong meisies en vroue onder lae en lae klere sien wegkruip, omdat hulle tog net betaamlik wil wees in die oë van hul ouers, kerk of gemeenskap. Dan vra ek vir jou met alle eerlikheid:

  • Is dit regtig jy?
  • Is die klere wat jy dra werklik ’n weerspieëling van jou identiteit?
  • Voel jy selfversekerd en ten volle vrou as jy daardie toe-nek-toppie dra?

As die antwoord nee is, gooi asseblief al daardie koekerige klere uit jou kas.

Jy mag van jouself hou

Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

My mede- Afrikaanse vrou, jy mag sexy wees én Sondae kerk toe gaan. God het ons met kurwes, lang bene en rondings gemaak om van onsself te mag hóú!

Sexy beteken nie vir elke vrou om ’n cleavage te wys nie, maar wel om haar eie manier om sexy te voel te wys.

Daar is natuurlik ’n balans en ’n gepaste uitrusting vir elke okkasie, maar jy hoef nooit te voel dat jy jouself moet wegsteek om betaamlik te wees nie.

Maar selfs in die 21ste eeu sal mense kommentaar lewer op hierdie boodskap en sê om ’n kort toppie te dra beteken om “los” te wees.

Ek haal aan wat iemand op my Facebookblad gesê: “Ek dink ’n vrou wat lae en lae aan het en stylvol lyk, is ’n vrou wat ’n goeie ma-voorbeeld vir haar kinders stel. Wat ’n man sal kry wat elke aand na werk ure lank by haar sit en gesels, want hy worry oor haar en nie oor haar lyf nie.”

Ek was geskok toe ek die boodskap lees! So wat dit dan inherent beteken, is dat as ek sexy en bemagtig voel om in ’n G-string-bikini in die Maledive te swem en te tan, ek minder respek en tyd van mans verdien!? Dat as ek eendag as ’n mamma ’n stywe denim aantrek en my kurwes geniet, ek ’n slegte voorbeeld vir my kinders is!? Nee, nee, nee! Kan ons asseblief meer vooruitstrewend dink?

As ’n man minder respek het vir my omdat ek ’n cleavage wys, wil ek in elk geval nie sy tyd of aandag hê nie.

As ’n man minder respek het vir my omdat ek ’n cleavage wys, wil ek in elk geval nie sy tyd of aandag hê nie. Die dae van vroue wat aantrek vir mans se goedkeuring, is lánkal verby. En daar is geen mooier voorbeeld wat ’n mamma vir haar dogters kan stel as om goed en gemaklik te voel in haar eie vel nie.

MARCIEL SKRYF OOK:  Moenie skaam wees vir jou Afrikaanse aksent as jy Engels praat nie...

Jy kan gerespekteerd én sexy wees. Jou waarde as vrou word nie deur jou cleavage bepaal nie. Jou karakter en hoe jy ander mense behandel het baie meer te doen met die respek wat ander vir jou sal hê.

So moenie bang wees om sexy te wees nie en trek vir ’n slag daai sexy jeans van jou aan!

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Lees nog meningstukke hier. 
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.