Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
‘Ag nee, is dit alweer Kersfees’ – sug my beursie
Nadine van Deventer.

Wil jy ook die feestyd sonder die onnodige stres van jou finansies geniet?

Hoe gemaak met Kersgeskenke op ’n begroting?

Ons almal is bewus dat Kersfees jaarliks in Desember is, maar ons is steeds onvoorbereid wanneer die feestyd aanbreek. Dan word rondgeskarrel en planne beraam oor hoe jy die Kersgeskenke gaan bekostig. Lysies word as volg opgestel: Mamma, Pappa, Sussie/Boetie, Ouma, Oupa, tannies, ooms, nefies en niggies en die lys gaan net aan.

Jou geldjies word herhaaldelik getel net om seker te maak dat daar nie skielik ’n ou honderd randjie ekstra is nie. Jou senuwees is gedaan en jou gees vir die feestyd is ook daarmee heen.

My raad aan jou:

Begin met jou maandelikse inkomste wat alles insluit, van die R100 wat jou sussie jou skuld wat sy beloof het om hierdie maand terug te betaal tot die R50 wat jy gaan verdien om jou ma se kar elke naweek te was.

Dit is dus belangrik om dan alle uitgawes in berekening te bring. Onthou om elke maand jou uitgawes te hersien, omdat dit van maand tot maand kan verskil. (Dames, onthou om jul hare, naels en ander noodsaaklikhede in te sluit.)

Nadat al die belangrike uitgawes in berekening gebring is, kan jy met ’n waterdigte spaarplan begin vir die Desember wat voorlê. Dit sal dus die stres verlig sodat dinge nie jou, en jou bankrekening, onverhoeds betrap nie.

Dit is belangrik om van ’n jong ouderdom af die belangrikheid van ’n begroting te leer en dit deel van jou leefwyse te maak.

Dit is belangrik om van ’n jong ouderdom af die belangrikheid van ’n begroting te leer en dit deel van jou leefwyse te maak. ’n Begroting kan dus jou lewe vergemaklik, al is dit bloot net om vooruit te beplan hoeveel rand jy gaan gebruik vir vermaak en hoeveel rand jy die maand gaan spaar. Dit kan onnodige stres voorkom en jou leer om meer selfstandig te wees. Met ’n goeie begroting gaan jy dus vinnig agterkom dat jy wel met jou inkomste kan uitkom en dalk selfs ’n paar randjies kan spaar.

Hoe gemaak met ’n begroting vir Kersgeskenke?

Spaarplan vir Kersgeskenke:

  • Hoeveel het jy die vorige jaar aan Kersgeskenke spandeer? (Onthou om nuwe vriende en daardie kollega vir wie jy ’n “Secret Santa”-geskenk moet koop, by jou begroting in te reken.)
  • Maak ’n lys van almal wat Kersfees saam gaan vier en hoeveel jy per persoon gaan spandeer. (Moenie vergeet om jou hondekinders in berekening te bring nie.)
  • Met dié lys, en die groot totaal van die Kersgeskenke, kan hierdie bedrag gedeel word deur die aantal dae of maande wat nog voor Kersfees oor is. Soos byvoorbeeld: R1 500 ÷ 100 dae = R15 per dag of R1 500 ÷ 12 maande = R125 per maand. (Die keuse is joune of jy lank vooruit wil begin spaar en of jy slegs twee maande voor die tyd wil begin spaar. Ek stel voor dat jy so lank moontlik spaar, sodoende kan jy kleiner bedrae oor ’n langer tydperk wegsit pleks daarvan om ’n groter bedrag in ’n korter tydperk te probeer spaar).

NADINE SKRYF OOK:  Raad vir die groentjies oppad na Arbeidmark

Dan kan die feestyd maar kom. Met hierdie waterdigte spaarplan sal jy slaggereed wees. Indien jy nou eers daaraan dink om vir Kersgeskenke te begin spaar, dan het jy minder as ’n maand oor en dalk moet jy dit oorweeg om van Swart Vrydag se spesiale aanbiedinge gebruik te maak.

Andersins is ’n selfdoen-projek van handgemaakte Kersgeskenke ook ’n baie goeie oplossing.

Maar, sorg dat jy sommer van vroeg in die nuwe jaar met jou spaarplan vir die einde van 2019 se Kersgeskenke begin.

  • Nadine van Deventer (21) studeer BA kommunikasiekunde en Joernalistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy kom van Bloemfontein.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen ? Kliek hier.  

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.