Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Almal hoef nie van jou te hou nie'
Theané Erasmus
Theané Erasmus

Wanneer jy die woord people pleaser hoor dan dink sommige mense dadelik aan ’n gatkruiper.

Dit is egter een van die mooiste en nuttigste mense wat jy kán ken. Hulle sê nooit “nee” nie. Jy kan altyd op hulle staatmaak om vir jou ’n guns te doen. Hulle spandeer baie tyd om dinge vir ander mense te doen.

Almal hou daarvan om van gehou te word, maar ongelukkig is mense so geprogrammeer om nie oor die weg met almal te kom of van almal te hou nie, en dis iets waarmee ons moet saamleef. Vir sommige mense is dit maklik en vir ander moeilik.

Moenie dat jou tyd gesteel word nie

Vir iemand soos ek is dit soms ’n sensitiewe saak omdat ek dit dalk te persoonlik opneem.

‘The fact that you’re struggling doesn’t make you a burden. It doesn’t make you unlovable or undesirable or undeserving of care. It doesn’t make you too much or too sensitive or too needy. It makes you human.’ – Daniell Koepke

Moenie jouself afkraak en dink daar is fout met jou nie, want jy is geliefd. Nie altyd deur almal nie, maar beslis deur almal wat vir jou omgee – dis die belangrikste. Moenie dat mense jou tyd steel omdat jy nie “goed genoeg” is vir hulle nie.

LEES MEER: 'Almal hoef nie van jou te hou nie en dis okay!'

Daar is ’n rede hoekom God elkeen anders gemaak het, daar is net een jy en die wêreld sou nie kleur gehad het as almal dieselfde was en van dieselfde dinge of mense gehou het nie.

Wie gee om?

Hiervan is ek oortuig: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Geen dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of kommer oor môre nie; ook nie boaardse magte nie.

Moenie jouself afkraak en dink daar is fout met jou nie, want jy is geliefd.

Ja, hoegenaamd niks daar bo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

As God vir jou is, wie kan dan teen jou wees?

Hou op om op die negatiewe te fokus. As iemand nie van jou hou nie, wie gee om? Wys hulle dat jy nie seergemaak word nie. Hulle kan dalk iets van jou leer.

  • Theané Erasmus (24) doen 'n  honneurs in Omgewingsbestuur aan die Noordwes-Universiteit. Sy het in Rustenburg groot geword en Pietersburg toe getrek toe sy in gr. 6 was.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.