Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Almal hoef nie van jou te hou nie en dis okay!'

Een van die bevrydendste dinge wat ons in die lewe leer, is dat ons nie van almal hoef te hou nie, en almal hoef nie van ons te hou nie en dit is heeltemal goed so.

Anri Basson

As daar nou ’n les is wat ek in die lewe geleer het, is dit die volgende: Ek is nie vir almal nie. En ek sal jou nou ook die tyd spaar en vir jou dieselfde sê – jy is ook nie vir almal nie.

Ek het soveel tyd van my lewe daaraan bestee om “vir almal” te wees.

Ek het nie besef dat ek dit gedoen het nie, maar ek het die aanvaarding van ander nodig gehad.

LEES OOK: 'Die geveg vir inklusiwiteit dryf ons uit mekaar uit'

Die onderwyser se witbroodjie, goeie presteerder en die people pleaser.

Ek het probeer om te wees wat enigiemand of almal nodig gehad het, want ek wou iemand vir almal wees.

Die lewe is te kort

Kort voor lank het dit op die punt gekom waar elke besluit in my lewe geweeg word aan wat ander mense daarvan sou dink.

Ek het so vasgevang geraak in alles dat ek van myself en my eie geluk vergeet het. Ek was so ’n groot people pleaser – ek wou net almal om my gelukkig hou sonder om aan myself te dink.

Moenie jou kosbare tyd en gawes mors om mense van jou waarde te oortuig nie, hulle sal nooit wil hê wat jy kan gee nie. Moenie hulle oortuig om langs jou te loop nie.

Moenie jou kosbare tyd en gawes mors om mense van jou waarde te oortuig nie, hulle sal nooit wil hê wat jy kan gee nie. Moenie hulle oortuig om langs jou te loop nie.

Om jou pad met iemand te deel is ’n heilige gawe, moenie dit goedkoop maak deur joune in die verkeerde rigting te laat loop nie.

Dit is regtig ’n paar wyse woorde – in alle aspekte van ons lewe, van werk tot vriendskap tot verhoudings. Die lewe is net te kort om tyd en waardevolle energie daaraan te bestee om iemand te probeer oortuig dat jy vir hulle iets is.

Jy is nie almal nie

Dit is natuurlik nie altyd maklik nie. Dit kan diep in jou psige wees, om te dink oor wat ander van jou dink en hoe hul menings voor jou eie moet kom. Maar regtig, dit hoef nie so te wees nie.

Hoe meer tyd jy aan jouself bestee, hoe meer sal jy sien dat jou mense na jou toe sal kom. Dit sal dalk nie oornag gebeur nie, maar dit is geen rede om op te gee nie.

As jy nie van iemand hou nie, is dit nie regtig ’n weerspieëling van jou nie, dis net dat jy nie “hul persoon” is nie.

Die wêreld sal altyd vol mense wees wat, ongeag wat jy doen, nooit van jou sal hou nie. Maar dan is hy ook vol mense wat jou ongelooflik baie sal liefhê!

Jy is nie almal nie. Daardie woorde moet in jou daaglikse mantra wees en as jy tans in vriendskappe of verhoudings is waar jy net gevra word wanneer jy iets vir hulle kan doen, of jy word net misbruik vir jou gawes, wat beteken dat jy jouself altyd moet verkoop . . . beëindig daardie vriendskap of verhouding, want dis nie jou en jou kosbare tyd werd nie.

Die wêreld sal altyd vol mense wees wat, ongeag wat jy doen, nooit van jou sal hou nie. Maar dan is hy ook vol mense wat jou ongelooflik baie sal liefhê!

Dis ’n les wat ek in die lewe geleer het.

Wat is iets wat jy in die lewe geleer het?

  • Anri Basson (24) studeer BCom Finansiële Bestuur aan Unisa. Sy het groot geword op 'n plattelandse dorpie in die Noordwes, Bloemhof.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees nog meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg Die Student op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.