Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Álmal moet boodskap teen geslagsgeweld uitdra

Uyinene Mrwetyana. REAGEER. Tshegofatso Pule. Reageer. Nicole Bester. Reageer.

Atang Swartbooi Foto: Verskaf

Dit is maar enkele name uit miljoene wat aandag geniet het.

Die gevolgtrekking kan gemaak word dat ons samelewing in ’n warboel van ongehoorsaamheid verkeer en geïndoktrineer is om net te reageer wanneer iemand se dood hard genoeg bemark word.

In hierdie stuk poog ek nie om die samelewing tevrede te stel nie, maar eerder om ’n bewusmaking te bevorder.

Amper ’n jaar het verloop sedert ek my stem begin gebruik het om op dieselfde aambeeld te hamer: Moenie wag totdat die bliksemstraal naby jou huis slaan voordat jy die erns van geslagsgeweld besef nie.

Ek het ná ’n gesprek met ’n slagoffer besef dat ’n gebrek aan identiteit – veroorsaak deur geslagsgeweld – skadelike gevolge het. Dit lyk asof hierdie mense stuk vir stuk verbrokkel om uiteindelik te kom by ’n punt waar die agterdeur tot herstel toegesluit word.

Terselfdertyd moet die fokus nie van die oortreder verskuif word nie, want die nare werklikheid is dat hul dade uit hul eie slagofferskap spruit. Hierdie oorgangsproses is eenvoudig, daarom wil ek die aandag vestig op die dwingende faktore wat veral in lande soos Suid-Afrika ’n rol speel.

Uyinene Mrwetyana (19), 'n student verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, is in Augustus 2019 verkrag en vermoor toe sy ’n pakkie by die poskantoor gaan afhaal het. Haar moordenaar, Luyanda Botha, ’n werknemer van die poskantoor, is tot drie keer lewenslange gevangenis gevonnis. Foto: Argief

Kulturele oortuigings speel ’n groot rol in hoe mense in situasies reageer. Byvoorbeeld, as ’n swart man is ek blootgestel aan ’n huishouding waarin patriargie oorheersend is. ’n Fundamentele voorbeeld hiervan is die kulturele voorskrifte wat vroue se gedrag reguleer.

Enigeen wat daarvan afwyk, word as ’n “misdadiger” beskou en verwerp.

Die uitdaging is om die samelewing ’n nuwe norm te leer omdat ons teen eeue oue kulturele verwagtinge van vroue veg.

Verder moet die doel van geloof ontleed word. Volgens my kennis is geloof veronderstel om hoop te gee aan die mense wat daarmee identifiseer en hulle ’n toevlugsoord te bied. Tog sien ons dat baie van hierdie gelowe versuim om hedendaagse kwessies, soos geslagsgeweld, te hanteer. Dit is nie ’n aanval op hierdie instellings nie, maar eerder ’n uitnodiging dat hulle ’n daadwerklike bydrae tot die beëindiging van hierdie euwel maak.

Tshegofatso Pule (28), 'n skoonheidskundige, se lyk is opgehang aan ’n boom In Roodepoort, Gauteng gevind. Sy was agt maande swanger. Muzikayise Malephane, die moordenaar is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Intussen is Ntuthuko Shoba, Pule se kêrel en die vermeende baasbrein van die moord, ook in hegtenis geneem op onder meer 'n klag van moord. Sy saak kom op 4 Oktober voor die hof. Foto: Argief

As jy jouself lank genoeg in die oorlog teen geslagsgeweld begewe, kom jy agter dat dit sy identiteit eers regverdig wanneer die stilmaak van iemand se stem op skerms of papier aangekondig word. Jy besef dat die Uniegebou stemme hoor net as ’n vrou of jongeling hulle s’n verloor. Die ommekeer van die menslike psige is ’n dringende behoefte.

Die oplossing tot geslagsgeweld lê nie in ’n “like”, “share” en “subscribe” nie, maar eerder om dialoog aan te moedig. Ons gedagtes moet dus sosiaal ontwerp word om proaktief te wees aangesien die voorkoming van geslagsgeweld voorkomende vereistes stel.

Nicole Bester (22), 'n student in aptekerswese aan die Universiteit van Wes-Kaapland en ma van 'n 5-jarige dogtertjie, is in Augustus 2020 in haar woonstel verwurg. Haar kêrel, Oliver Pillay, is in Februarie in verband met haar dood in hegtenis geneem en op borgtog van R2000 vrygelaat hangende sy verhoor. Foto: Facebook

Uyinene, Tshegofatso, Nicole en miljoene ander het ’n “besnydenis van ons gedagtes” nodig.

Dit kan wees dat my inisiatief – #Youbeforme!, waarmee ek maandeliks sprekers kry wat jong mense oor kwessies soos geslagsgegronde geweld probeer opvoed – vir die bekeerdes preek. Maar as jy verder daaroor dink, besef jy dat dié “bekeerdes” se reikwydte toeneem as hulle die boodskap verder deel sodat meer mense dit kan hoor en daaruit leer.

  • Swartbooi studeer LLB Regte aan die Noordwes-Universiteit
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volgs ons op Facebook en Instagram!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Gesinsgeweld  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.