Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Armoede is nie 'n verskoning nie'
Romano Claassen
Romano Claassen

Van die dag toe jy in die lewe gekom het, het jy ’n spesifieke doel gehad, ’n doel waarna ons almal moet strewe – om te kan leer, praat, sing en speel.

Ons streef daarna om eers kleuterskool dan laerskool, hoërskool en uiteindelik universiteit toe te gaan.

Dis mos ons almal se droom in die lewe, dan nie?

Watter pad stap jy?

Maar langs die pad gaan ons drome verlore weens verkeerde besluite en soms verkeerde vriende wat ons negatief beïnvloed.

As ek terugkyk op my lewenspad sien ek teleurstellings, foute, sukses, armoede, jaloesie en so kan die lysie aangaan.

Dan vra ek myself af: Wat is die rede hoekom soveel mense in armoede leef en vasgevang is? Hoekom leef hulle op straat en hoekom is hulle op dwelms? Hoekom kry kinders kinders en gooi hul lewe as’t ware weg?

Sommige mense sê dis omstandighede en armoede wat dit veroorsaak, maar dis die belaglikste en verveligste verskoning wat ’n mens in die lewe kan gebruik.

Sommige mense sê dis omstandighede en armoede wat dit veroorsaak, maar dis die belaglikste en verveligste verskoning wat ’n mens in die lewe kan gebruik.

Soms is daar mense rondom jou wie se omstandighede en situasies nog erger is as joune. Dis altyd wat ek vir myself gesê het.

Dit is ook die mense wat nie die maklikste uitweg soek deur net te hardloop na die wynbottel nie. Ek haal my hoed af vir sulke mense omdat hulle weet probleme is tydelik en die feit dat hulle hul doelwitte wil bereik is ’n stap in die regte rigting.

LEES OOK: Pasop vir swangerskap, tieners!

Dit het tyd geword dat ons ophou om ander kwalik te neem vir ons foute en ons verkeerde besluite. Ons het altyd ’n keuse in die lewe.

Ek weet dis somtyds moeilik om voor iemand anders se deur te gaan staan en aanklop vir ’n bietjie suiker, sout of iets om op die tafel te sit.

Maar die mense by wie jy vra, het heel moontlik self die beste van ’n slegte situasie gemaak, want hulle het geweet veranderinge moet by hulself begin. Anders is dit tevergeefs.

Die boodskap wat ek wil tuisbring vir alle Suid-Afrikaners is: Soos jy lewe, so sal jy sterwe. Maak die regte keuse en nie oorhaastige besluite wat jou eendag gaan inhaal nie.

Nou hoekom kan jy nie ook vir eens en vir altyd daardie besluit maak nie?

Die boodskap wat ek wil tuisbring vir alle Suid-Afrikaners is: Soos jy lewe, so sal jy sterwe. Maak die regte keuse en nie oorhaastige besluite wat jou eendag gaan inhaal nie.

As iets verkeerd loop, kan net jy kwalik geneem word, want dit was jou keuse en niemand anders se keuse nie.

Maak besluite wat jou sal help in die toekoms en waarop jy kan trots wees, want veranderinge begin immers by jouself.

Onthou – jy is ’n weerspieëling van jou keuses in die lewe.

  • Romano Austin Bradley Claassen (22) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.