Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
As die glas van liefde eers geval het ...

Beautiful young Asian woman with broken heart on p

As kind kan ek onthou as ek of my broer per ongeluk die glas van die tafel af laat val het dat my ma altyd die glas vergelyk met die verhoudings tussen twee geliefdes.

Sy het gesê: “Verhoudings is soos ’n glas wat val, as dit eers gebreek word, kan jy die stukke aan mekaar probeer vasplak en dit sal lyk soos ’n glas, maar dit sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Snaaks hoe ek nou eers ná 15 jaar eintlik besef, ná hom, wat dit eintlik beteken.

Toe ek my eerste liefde ontmoet het, het ek blindelings daarin gestap met my glas. Ek het my glas met hom gedeel vir vyf jaar en eers in die vyfde jaar besef dat hy die glas waarmee ek hom vertrou het, al ’n paar keer vasgeplak het met leuens.

Leuens van: Hy sal verander en dat hy my nie wil verloor nie. Nog steeds het ek gekies om te bly en hom lief te hê.

Enke de Roos
Enke de Roos

In ons verhouding het ek gedink ek kon sy glas beter maak, hy was vir my soos ’n projek. Ek wou die een wees wat kon sê ek het sy glas reg gemaak en met my kan hy heel wees. Al het sy glas merkies gehad, het ek hom aanvaar en liefgehad. Die liefde vir hom was onvoorwaardelik.

Terwyl ek besig was om sy glas reg te maak het ek onbewustelik van my eie glas vergeet.

Ek het my glas vir hom gegee en toegelaat dat hy dit stamp en in vuil water was. Vyf jaar lank het ek die krake in my glas gesien en niks daaraan gedoen nie. Ek het heeltyd vir myself bly sê: “Maar hy het jou lief, hy sal nooit opsetlik jou glas beskadig nie.”

Min wetend dat hy nooit omgegee het oor my glas nie, en meer gefokus was op die dame met bruinswart hare se glas.

Hy het my vertel dat hy sal “werk aan ons en wil werk aan ons” en dat die vrou met die bruinswart hare in die verlede was. Ek het hom ná alles steeds vertrou met my glas.

So twee maande voor ons vyfde herdenking, toe is dit asof my oë skielik sy ware intensies kon raaksien. Alles waarteen 21 mense my in die vyf jaar gewaarsku het, was duidelik. Ek het besef my glas is baie vuil en het baie krake, en om eerlik te wees was ek vir baie lank hartseer, maar ná al die trane het ek besef hy verdien nie my glas nie. Hy sal nie meer mag hê oor my kosbare en onvervangbare glas nie.

Ek het genoeg gehad, en het een aand terwyl ek ’n glas met my trane volgemaak het, besluit ek gaan my glas terugvat. Daardie aand was die aand dat ek besef ek kan hom nie regmaak as hy dan nie self reggemaak wil word nie. Hy wou gelewe het met sy gekraakte glas en ek wou net myne weer heelmaak.

Ná my eerste liefde was ek nooit weer dieselfde nie, want met hom het ek my eie identiteit verloor.

Toe ek my glas terugvat, sien ek dat hy dit laat val het, en alhoewel ek nou die gebreekte stukkies in my hande moes sit, steek my ma se woorde weer vas.

Ná my eerste liefde was ek nooit weer dieselfde nie, want met hom het ek my eie identiteit verloor. Toe ons paaie uiteindelik geskei het, het ek besef al het my glas gebreek, moes ek al die stukkies optel en die gebreekte glas weggooi.

Ek wou nie weer dieselfde persoon wees nie, want die persoon wat ek was in die verhouding was nie die ware ek nie. Soos ek nou finaal afskeid neem van die eerste liefde maak ek die kombuiskas oop en haal vir my ’n splinternuwe glas uit, een wat sterker is en helderder skyn. My glas het nuwe liefde ontdek. Hierdie liefde kyk elke dag vir my in die spieël, het my lief en aanvaar my nes ek is.

My glas het dalk geval en gebreek, en was daarna nooit weer dieselfde nie, maar dit is die hele punt wat my ma wou maak met haar vergelyking. As die glas eers geval het, kan jy nie verwag dat die liefdesverhouding dieselfde moet bly nie.

Meisiekind, ek hoop jy onthou jou glas is nou splinternuut en dat jy die lewe sonder hom sal geniet.

  • Enke de Roos studeer B.Com Bemarking en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.