Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
As jy 'n brief vir jou ouer self kon skryf, wat sou jy sê?
Funny grandmother portraits. 80s style outfit. tra

Maya Angelou sê dit die beste: “If you don’t know where you’ve come from, you don’t know where you are going.”

Om te wees wie en wat jy vandag is, moet jy altyd onthou waar jy was en waar jy vandaan kom.

Daardeur sê ek nie ons moet in die verlede bly en ou koeie uit die sloot gaan grawe nie, maar dit is belangrik om sulke dinge te onthou.

In gr. 11 is dit in die vak Engels (as huistaal) is dit ’n tradisie dat elkeen ’n brief aan hul ouer skryf. In ’n klaskamer op die eerste verdieping het ek in die tweede bank van voor af, in die naaste ry aan die deur gesit en skryf.

“Dear Melissa . . .” Dit moes in Engels wees en ek kan vandag met toe oë sê dat my Engels toe baie beter as nou was.

Terwyl almal hul briewe ingegee het, het ek saggies gesit en huil oor wat die toekoms kan inhou. Die gedagte aan verandering en verlies het my bang gemaak en dit doen partykeer steeds.

My wiskundepunte was soos die eerste pannekoek van ’n mengsel, ’n totale flop . . .

Ek het geskryf oor my punte en hoe ek hoop om onderskeidings te kry, sodat maak nie saak wat gebeur nie, ek altyd enigiets kon gaan swot.

Maar my vakke het verander en so ook my toekoms. My wiskundepunte was soos die eerste pannekoek van ’n mengsel, ’n totale flop . . .

Maar nietemin, ek het vroeg in matriek my vakke verander en steeds my onderskeidings behaal. Alhoewel my merietebeurs vir die universiteit afgekeur is, is ek steeds trots op my vyf onderskeidings.

Ek het geskryf oor my vriende en dat ek hoop ons vir altyd so sal bly, maar deesdae hou ’n 100 m-wedloop langer as ’n vriendskap. Daar het egter wel ’n paar pelle deurgedruk en ek kan met trots sê dat ek hulle vir niks sal verruil nie. Matriek het gekom en gegaan, en ek was tot dusver die beste weergawe van myself.

Alles was soos die gr. 11-ek gehoop het dit sou wees en dit was goed.

Vergeet van my beloftes

Met elke koshuiskreet en sleep-aksie het ek begin vergeet wat ek vir my 17-jarige self belowe het. Ek het te min geslaap, te veel gedrink en baie kere glad nie gedink nie. Hoërskoolliefde het verander in verhoudings en liedjies wat ek eerder nie meer luister nie. Skoolvriende het verander in vreemdelinge en my erekleure-onderskeidings het deel van die 50%-slaagsyferstatistiek geword. Ek was net soos talle ander van my ouderdom: ’n Tiener met te veel passie en te min sin, maar nie ’n slegte mens nie.

Melissa Muller
Melissa Muller

Met skrikkeljaar, 20/20-visie en korter hare het ek die nuwe jaar ingestap as ’n nuwe weergawe van myself. Langs die pad het ek selfs ’n paar “emmerskop”-items doodgetrek.

Ek het ’n module ge-her, te veel gehuil, gedink hoe die wêreld sou wees sonder my, een te veel keer in Bourbons gegly en behoorlik ’n paar keer kontak gemaak met die aarde toe ek gaan fietsry. Maar ek het tog elke keer weer opgestaan, want God sou nie vir my hekkies gegee het as Hy geweet het ek kan nie oor hulle spring nie.

As ek geval het, was dit okay, dit was dalk net ’n manier om my weer plat op die aarde te kry.

Op ’n manier sou ek dit nie anders wou hê nie, dinge sou dalk nie uitgedraai het soos dit moes sonder die gebeure in die verlede nie.

2020 is nie te sleg nie. Ek is na baie gesukkel uiteindelik ’n finalejaarstudent, ek het ’n Valentyn gehad, ek het vriende verloor en nuwes bygekry, my hond en my familielede is almal nog ’n jaar gespaar, ek het in ’n rekordtyd geleer hoe rugby en krieket werk en ek het nuwe kouse gekoop.

Al wat ek sou wou verander, is die aantal kere waarop ek saam met my vriende kon lag. Ek sou meer saam met hulle wou gaan draf of roomys eet, en ek sou wat wou gee vir nog een laaste aartappelslaai-braai. Hopelik gee oom Cyril vir ons “visiting hours” in die dae wat kom. Die verlange raak nou te veel en September is nog ver.

LEES OOK: 'Ek is nou moeg vir virtuele drukkies'

Ek wens dat korona net ’n bier kon bly, want ek wil weer elke Maandagaand varsity-rugby kyk. Ek wil my studentekaart by die draaihek swipe of met Sinthia stry oor hoekom ek net instap. Ek wil visvang in die dam, maar ek sou veral nou wat wou gee om net deur TMM se besoekers-admin te gaan.

Ten spyte van alles hou ek van wie ek nou is, want soos wyn word ons beter met tyd. Ons moet net onthou dat ons almal eens druiwe was.

  • Muller studeer sielkunde en toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy kom oorspronklik van Potchefstroom, maar het ook lank in Botswana gewoon.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.