Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Asb. Cyril, wys ons wat in jou steek

Beste Cyril

Ek skryf vir meneer hierdie brief om die kwessies uit te lug rondom die onderwys in Suid-Afrika en sommige stelsels wat drasties moet verander.

Cheslin Koordom
Cheslin Koordom

As ’n onderwysstudent is ek diep bekommerd oor wat vir my voorlê in die beroep. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is passievol oor onderwys en ek is nie spyt oor die rigting waarin ek studeer nie.

Die eerste kwessie is die slaagsyfer in die skool. Dit is hoogs onmoontlik om die land vorentoe te vat met ’n kurrikulum vol vakke waarin slegs 30% tot 40% benodig word om bevorder te word.

Ek argumenteer dat die kurrikulum nie ons leerlinge goed vir die samelewing voorberei nie. Wat ek wil hê u moet doen, is om die slaagsyfers stelselmatig na 50% te verhoog.

Dit is my probleem, want ons as skoolverlaters wat 30 tot 40% sien as slaag, kan nie kop bo water hou op universiteite waar 50% vereis word nie.

Mikpunte is te laag!

Ons leerlinge word nie opgelei om op skool om hul beste te gee nie, want die mikpunt is te laag. Dit is een van die redes hoekom ons land lyk soos dit lyk met middelmatige inwoners.

Die tweede kwessie wat ek wil aanraak is die gedragsprobleme van die leerlinge.

Dit is hoogs onmoontlik om die land vorentoe te vat met ’n kurrikulum vol vakke waarin slegs 30% tot 40% benodig word om bevorder te word.

Die onderwyser word beskou as die geduldigste individu naas die predikant.

Onderwysers kyk na ander se kinders asof dit hul eie is. Nou wat kan die onderwysers doen sodat die leerlinge gedissiplineerd word? Ek vra nie vir lyfstraf om terug te kom nie, maar dat die regte van leerlinge hersien moet word volgens die Skolewet.

Leerlinge het te veel regte en min verantwoordelikhede.

Ja, Nelson Mandela was baie lief vir kinders, maar die kinders van vandag is hoogs ongemanierd omdat hulle te veel beskerm word.

Die leerlinge versuim om verantwoordelikheid vir hul dade te aanvaar omdat hulle goed ingelig is oor hulle regte en min oor hulle verantwoordelikhede.

Doen iets daaraan, want hulle is die toekoms van die land en ek is bekommerd vir die suksesvolle voortbestaan van ons land se toekoms.

Ja, Nelson Mandela was baie lief vir kinders, maar die kinders van vandag is hoogs ongemanierd omdat hulle te veel beskerm word.

Die derde kwessie is dié van die ministers in regeringsampte.

Asseblief Cyril, laat die pensioenarisse gaan en maak plek vir die jongelinge.

Hoe gaan ons die geleentheid kry om onsself te bewys as die veterane nie wil hoofde buig nie?

Bekommers oor die ministers van die land

Ek is ook bekommerd oor die ministers wat in ampte aangestel is waarvan hulle geen kennis het nie.

Ek gaan nie name noem nie, maar ek wil die voorbeeld gee van wat ek in gedagte het.

Asseblief Cyril, laat die pensioenarisse gaan en maak plek vir die jongelinge.

Stel iemand in ’n ministerspos aan wat navorsing gedoen het of gewerk het in die rigting, byvoorbeeld as ek jare skoolgegee het en navorsing in die onderwys gedoen het, sal ek die geskikte kandidaat wees om die minister van onderwys te word.

Die ervaring sal in my guns tel en ek sal weet wat werk en wat nie omdat ek my in die situasie bevind het.

LEES OOK: Cyril, help ons met geleenthede

Vierdens, ek het geen blootstelling aan apartheid nie, maar is bewus daarvan dat die inwoners van Suid-Afrika in daardie tyd doodbang was dat hulle in die tronk kon beland.

Die lewe in ons tronke is dan beter as dié van mense op die straat. Hoe dan so? Ek voel net die tronkstelsel moet verander sodat die belastingbetalers se geld beter benut kan word.

Is tronklewe regtig so sleg?

Daar word gesê tronkstraf word opgedoen, maar die tronklewe is nie meer ’n straf nie; eerder ’n jolige affêre.

Die misdadigers het nog nooit so lekker gelewe nie. Hulle kry gereeld hul kos terwyl kinders honger skool toe kom. Ek vra dat hulle gestraf word, want hulle het die wet oortree. Moenie hulle so pamperlang nie.

Die misdadigers het nog nooit so lekker gelewe nie.

Die laaste kwessie is die geweld in die land. Suid-Afrika het destyds geveg vir reg en geregtigheid. Waarheen is die samelewing op pad?

Geregtigheid

Mense vermoor mekaar en dit is in sommige gebiede deel van die daaglikse gebeure.

Mnr. Ramaposa, asseblief, hoekom het ons ’n weermag in die land as dit nie gebruik word in die strate om orde te kry nie?

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons dien met geregtigheid

Ek wil nie diep raak nie, maar ek sien die teenwoordigheid van die weermag by die staatsrede.

Laat die land in orde gebring word met die weermag se hulp. Ek voel die weermag het meer mag as die polisie omdat ons polisie nie soos hulle opgelei word nie.

Ek voel die weermag het meer mag as die polisie omdat ons polisie nie soos hulle opgelei word nie.

Verander die Grondwet sodat mense kan weet hier is verandering aan die gang.

Ek sluit af met die volgende. Hou op om net op beleggings en die ekonomie te fokus. Ruk die land reg. Mense sal nie belê in ’n land waar daar geen orde is nie. Hulle soek waarde vir hul geld.

Jy is verkies as president. Wys ons wat in jou steek en moenie ons teleurstel nie.

  • Cheslin Koordom (23) studeer onderwys by die Universiteit van Weskaap-Land. Hy kom van die Paarl.
  • Hierdie berig is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie Beste Cyril...
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.