Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Bestaan die Stellenbosch bubble regtig?
Eileen Kleynhans
Eileen Kleynhans

Oral om my praat mense van die Stellenbosch bubble.

Ná my rit lughawe toe, voel ek asof ek Stellenbosch ontvlug het en dat my gemoed sommer ligter is. Miskien bestaan die borrel of miskien is ek net opgewonde oor die vooruitsig van huis toe gaan?

Ek glo ons kan so vasgevang word in die classic uni life dat ons vergeet wat werklik belangrik is. Ons hou onsself besig met koffie-dates, dinge wat ons verplig voel om te doen en as ons dit nie doen nie, wat dan?

Die gevolge van uitstel, is dat alles dan meteens van ons vereis word: akademie, oefen, tussendeur ’n bietjie klasdraf en om uit te kom by iemand wat jy al twee weke tevore ’n opcatch sesh belowe het en nou gedurig raakloop tussen Van der Sterr en Schumann – of nog erger: op pad Meraki toe om uiteindelik by ’n ander vriendin uit te kom.

Ná my rit lughawe toe, voel ek asof ek Stellenbosch ontvlug het en dat my gemoed sommer ligter is.

Maar wat is regtig belangrik? Wat is al hierdie dinge se gevolge? Wat is dié in ewigheidswaarde? Ek sit en wonder.

Daar is net een jy

Ek dink terug aan een van daai koshuisgesprekke wat ek onder verpligting moes bywoon.

Hier is ’n paar gedagtes met ons gedeel, soos dat ons moet ophou doen wat mense van ons verwag, want jóú persoonlikheid, uitkyk en vaardighede is altyd op ’n plek nodig.

Soms voel ek ek het ’n deel van myself verloor wanneer ek my in vreemde omstandighede vind.

“Wees net jouself.”

’n Ander gedagte: Solank jy in die aand met ’n geruste hart gaan slaap, sal die mense wat vir jou omgee, deel in jou geluk!

Gedagte nommer drie het my nogal geruk: “Selfs as jy verander, is jy steeds dieselfde persoon. Jy is steeds jy.”

Soms voel ek ek het ’n deel van myself verloor wanneer ek my in vreemde omstandighede vind. Ek dink na oor my optrede en vergelyk dit met die tipe mens wat ek op hoërskool was. ’n Klein paniekaanvalletjie later besef ek my lewensuitkyk het verander.

LEES MEER: Laat jou innerlike kind uitkom

Daar was ook ander gedagtes:

  •  “Moenie bang wees vir mislukking nie. Leer om dit te aanvaar en hou aan kanse waag. Hou op dink dat die wêreld jou beperk terwyl jy eintlik die een is wat jouself beperk.”
  •  “Doen die dinge wat jy wil doen in plaas van dit wat ander mense wil sien.”

Dit kom terug by gedagte nommer een: Wees net jouself.

Sit jou voet neer

Die laaste gedagte herinner my aan hoe belangrik dit is om nie in die borrel vasgevang te wees nie. ’n Mens moenie verstrengel raak in al die moets en moenies nie.

’n Mens moenie verstrengel raak in al die moets en moenies nie.

Ek wil ophou om mense tevrede te probeer stel en te doen wat ander van my verwag. Dit put my uit en steel soveel van my geluk dat dit tot die punt gekom het dat ek moeilik emosie toon oor die dinge wat wel vir my belangrik is.

Vandag sit ek vir die hoeveelste keer my voet neer, maar ek het nie misluk nie – nee, ek is net besig om dié kuns te bemeester.

Glo jy daar is iets soos die Stellenbosch bubble?

En indien nie, in watter borrel is jy vasgevang?

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.