Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Beste Cyril, ek is bang...

Beste pres. Ramaphosa

Ek is bekommerd oor die leierskap in Suid-Afrika, want sonder ’n goeie leier werk geen meganismes saam om ’n goeie betroubare doel te verrig nie.

Ons land is deur baie die afgelope tien jaar en dit gaan ’n “man van staal” vat om dit weer te red.

Ek het ’n versoek oor die leierskap in ons land rakende etiese waardes en regverdigheid.

  • Ons hospitale is chaos.
  • Werkloosheid is die nuwe norm.
  • Onderrig is saam met mense se morele standaarde by die venster uit.
  • Rassisme is ons land se nuwe simbool.
  • Armoede is niks nuuts, net erger. Oorlog is wat ek dit noem.

Ek en my land het ’n leier nodig wat ’n voorbeeld stel. ’n Leier wat inspireer en ’n skare op hul voete bring met trane in hul oë. Ek soek ’n leier wat my land van rommelstatus red, wat vrede bewaar en wat konflik vermy. Ek soek ’n leier wat seker maak dat goeie onderrig die sleutel tot sukses is en wat seker maak die wet is wet.

Ek is bang

Mariné du Toit.

Geagte meneer die president, ek sê nie u is ’n slegte leier nie, maar ek wil seker maak u verstaan dat ek my vertroue in u stel en glo dat u anders is, ons sal red en ons sal verseker van veiligheid, regverdigheid en integriteit.

Ek bedoel alles met respek. 

Ons gaan deur ’n resessie. Dis niks nuuts nie.

Maar ek wil dit duidelik stel: Ek is bang. Bang my universiteit word afgebrand, bang my geliefdes trek landuit, bang vir my eie veiligheid en dié om my.

Ek weet die regering bedoel alles uit die goedheid van hul hart, maar ek voel julle kan meer doen. Maak die wette streng en die nagevolge erger. Dis al wat ons kan red. Ek voel ook ons kreet om hulp oor rassisme, grondonteiening, onregverdigheid, lewenskoste en veiligheid kan nie net geïgnoreer word nie.

Lei ons land

Ek is trots Suid-Afrika en ek sal alles moontlik doen om my land te red.

Ek sal my alles gee om seker te maak dat my kinders eendag kan grootword in ’n land met so baie verskillende kulture en nasies saam. Ek weet u is die persoon wat dit ’n werklikheid kan maak en dis hoekom ek vir u skryf.

Geagte meneer die president, ek weet u het drome vir ons land, nes ek en my medemense.

Maar ek wil dit duidelik stel: Ek is bang. Bang my universiteit word afgebrand, bang my geliefdes trek landuit, bang vir my eie veiligheid en dié om my.

Meneer, ek vra dat u asseblief ons land sal lei uit hierdie “modder” waarin ons vasgevang is.

Ek vra dat u geskiedenis maak as die beste leier. Om keuses te maak van u eie wat nie beïnvloed word deur ander se opinies nie, maar wat net die beste is vir die land en wat regverdig is teenoor die mense van die land.

Meneer die president, wees asseblief ’n leier wat ’n verskil kan maak. Goeie leierskap is iets wat ek voel die oplossing vir alle krisisse en probleme is.

Ons enigste hoop is u, meneer die president.

  • Mariné du Toit (20) studeer maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy kom van Bloemfontein.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie, Beste Cyril... Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.
  • Lees al die inskrywings hier.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Klik hier.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.