Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
BESTE CYRIL: En die wenner is . . .
Beste Cyril

As jy die president se oor gehad het, wat sou jy vir hom wou sê?

Dít is die vraag waaroor studente oor Suid-Afrika heen die afgelope maand getob het.

Netwerk24 se nuwe studenteplatform, Die Student, het studente uitgedaag om vir pres. Cyril Ramaphosa ’n brief te skryf.

Meer as 80 studente het briewe vir die president ingestuur en só vir die kompetisie ingeskryf.

Lees al die inskrywings hier.

Eerste plek

Tian Alberts
Tian Alberts

Tian Alberts (21) het die wenbrief geskryf.

Alberts is ’n derdejaar BCom regtestudent aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook die primarius van die Dagbreek-manskoshuis en hoofredakteur van Nova Mentis, ’n koerant en webtuiste wat op studente gemik is. Hy kom oorspronklik van Stellenbosch.

In sy brief het Tian geskryf: “Natuurlik is ons nie so naïef om te dink dat ’n enkele leier ’n demokrasie kan red nie, maar sonder ’n leier wat mense kan vertrou, kan geen demokrasie gered word nie”.

Een van die beoordelaars, Jeanelle Greyling, redakteur van Metro-Beeld-Suid en voormalige redakteur van Wapad, die studentekoerant van die Noordwes-Universiteit, meen Tian se invalshoek het hom bo die ander briewe laat uitstaan.

“Dit is duidelik hy skryf vir pres. Ramaphosa ’n brief oor jong mense se ontnugtering, maar anders as baie ander briewe, is sy kritiek goed nagevors,” het sy gesê.

“Tian pak die probleem prakties en realisties uit, wat bydra tot die invloed en die relevansie van die brief. Sy sterk argument is eenvoudig en word mooi saamgevat, wat dit maklik maak om te lees en vir die leser insig gee. Dit is ook duidelik dat hy sy navorsing gedoen het en oor die algemeen ’n goeie nuusverbruiker is.”

Tian wen R5 000.

Die ander beoordelaars was Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24; Willem Jordaan, redakteur van Die Burger; Gert Coetzee, redakteur van Volksblad en Anika Marais van Netwerk24.

Tweede plek
Romano Claassen.
Romano Claassen.

Romano Claassen stap weg met R3 000 vir sy roerende brief: “Cyril, ek het op ’n leë maag matriek geskryf . . .”

Claassen (22) studeer onderwys aan die KSUT se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.

Die eerlikheid van sy verhaal het sy brief laat uitstaan, het Marais gesê.

“Sy brief het ’n groot indruk op my gemaak. Dit vertel die verhaal van soveel Suid-Afrikaners wat dit regkry om ten spyte van baie moeilike omstandighede ’n sukses van hul lewens te maak. Romano is een van hulle.”

Derde plek

Marietjie Leonard.
Marietjie Leonard.

Die derde plek gaan aan Marietjie Leonard (21) en sy wen R2 000. Marietjie studeer BA kommunikasie aan die Noordwes Universiteit. Sy kom van Louis Trichardt in Limpopo.

Coetzee was beïndruk met die manier waarop sy die volkslied in haar stuk gebruik het.

“Ek hou van haar skryfstyl en die vervlegting van die volkslied met haar argument,” het hy bygevoeg.

  • Wat is Die Student?

Die Student is Netwerk24 se nuwe platform waar studente van oor die land heen hul menings oor die kwessies van die dag kan deel.

  • Is jy ’n student en wil jy vir Die Student skryf?

Stuur ’n e-pos aan anika.marais@netwerk24.com met jou voorstel vir ’n meningstuk.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.