Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Beste Cyril, kom ons verbeter ons toekomsvisie

Beste Cyril

Ek kom van ’n klein dorpie met die naam Vrede, miskien het meneer al daarvan gehoor. Ek is is 23 jaar oud en besig met my BCom (rekeningkunde)-graad aan die Universiteit van die Vrystaat.

Bernard van Schalkwyk
Bernard van Schalkwyk

Ek het besluit om eerder te skryf oor die toekoms as oor die probleme van die hede.

Werk aan die toekoms 

Ek dink dit is belangrik om te praat oor hoe ons moet kyk na die toekoms. Daar word voorspel dat teen 2050 ons ’n wêreldbevolking van bykans 9,7 miljard mense gaan wees.

Dit alleen is kommerwekkend as ’n mens in ag neem daar word beraam dat die wêreld net volhoubaar 10 miljard mense voedselgewys kan onderhou.

Meneer sien, ek reken die groot voedselproduserende lande is baie na aan hul maksimum produserende kapasiteit met ’n 1% tot 3%-verhoging soos wat tegnologie produksie bevorder.

Dit alleen is kommerwekkend as ’n mens in ag neem daar word beraam dat die wêreld net volhoubaar 10 miljard mense voedselgewys kan onderhou.

Afrika kan ’n groot rol speel in die toekoms om moontlik die nuwe voedselmandjie van die wêreld te word.

Makliker gesê as gedaan, Afrika is meer volhoubaar in oorlogvoering as wat hy is aan die voldoening van die basiese behoeftes van sy mense.

Waar laat dit Suid-Afrika?

Suid-Afrika, hoewel klein in vergelyking met ander lande, het voedselprodusente wat kan kers vashou met van die beste in die wêreld.

Dit ten spyte van ’n magdom uitdagings op ’n daaglikse basis.

Die punt wat ek probeer maak is dat daar in ons land die vermoë is om leiers te wees vir die res van Afrika.

Suid-Afrika, hoewel klein in vergelyking met ander lande, het voedselprodusente wat kan kers vashou met van die beste in die wêreld.

Sodoende kan nie ons net Suid-Afrika nie, maar die hele vasteland uit sy verknorsing red.

Hierdie is die tipe geleentheid wat ’n draaipunt kan wees in ons land.

Dit kan werk skep, misdaad bekamp, armoede bekamp, ag somer die hele rympie wat almal altyd sing, oplos. Indrukwekkend?

Nog nie heeltemal nie.

Ons potensiaal

Meneer sien, vir ons land om vooruitgang te toon moet ons staatskas meer geld hê.

Ons jeug gaan sukkel om dit te verstaan met die onderrigstandaard wat aanhoudend verlaag word, maar dit daar gelaat.

LEES OOK: Oom Cyril, 2019 is maak of breek

Ek sal voorstel, hoe teenstrydig dit ook al mag klink, dat ons ons fokus moet verskuif weg van die res van die wêreld om stelselmatig (Geen woeps-waps ANC-towerkuns) weer ons standaard van onderrig, gesondheidsorg, staatsondernemings, beskermingsdienste en infrastruktuur op te bou.

Mettertyd sal dit ons dan beter posisioneer om internasionaal op verskeie vlakke mee te ding.

Ek laat my nie voorsê dat die land van ope hartoorplantings nie oor die grondslag beskik om “die lewensgehalte van alle burgers te verbeter en die potensiaal van elke mens te ontsluit nie”.

Ons het nie woeps-waps-regstellings nodig nie

Daarom, vereenvoudig die onderwys na ’n stelsel wat probleemoplossings kweek deur goeie standaarde om nuwe bydraes tot die samelewing te maak.

Skep meer geleenthede vir vaardigheidswerkers soos verpleegsters en sweisers. Almal het nie dieselfde aanleg nie en buitendien het gewone mense al die wêreld verander.

Gebruik die staatsondernemings om mekaar te bevorder, Transnet kan die verkeer op die paaie verminder, Denel kan die Suid-Afrikaanse Lugdiens help met tuisvervaardigde vliegtuie soos die SARA, eerder as die eersterangse vliegtuie wat nie hul prys regverdig nie.

Ons moet ophou om met kommunistiese oortuigings probleme te benader.

As hierdie ondernemings geld maak kan mens amper ’n derde van die begroting net daarvan af inkry.

Daarbenewens kan die meeste van die ondernemings na Afrika uitgebrei word.

Daarom moet ons ondersoek instel na nuwe ontwikkelinge soos paaie van plastiek wat goedkoper herstel kan word, asook die herwinning van vullis.

Of wetenskaplike ontwikkelings wat krag kan opwek uit die branders van die see, of polimere wat die sout uit seewater kan uittrek.

LEES OOK: God het jóú gekies, mnr. Ramaphosa

Daarom moet ons polisiekantore bou in die middel van misdaadgeteisterde gebiede soos Khayelitsha en ophou om tronkvoëls wat die samelewing skade berokken, aan te spoor deur yslike bedrae vir hul onderhoud in die tronk.

Daarom moet ons regte beskerm soos eiendomsreg, sodat geen een mens ’n ander se koers kan bepaal nie.

Dit is ’n regte woeps-waps-regstelling, want 20 jaar van nou as die mense wat nou arm is nie sekerheid kan bied oor eiendom nie, hoe gaan hulle nuwe ondernemings bou of werk kan skep?

Ons moet ophou om met kommunistiese oortuigings probleme te benader.

Ons tap ons presteerders leeg

Meneer sien, kommunisme is soos twee kinders wat ’n toets skryf; die een kry 90% en die ander 30%.

Die onderwyser gee dan aan leerlinge die klasgemiddeld as hul punt, m.a.w. 60%.

Ons tap ons toppresteerders in ons land leeg en sodoende verlaag ons almal se lewenstandaard.

Met die volgende toets leer die 90%-leerling minder, want hy gaan in elk geval ’n swakker punt kry, en die 30%-leerling leer nóg minder want sonder om werklik te leer, vaar hy beter.

Nou kry die 90%-leerling 65% vir die toets en die 30%-leerling 15%. Nou is albei op die punt van druip as gevolg van die klasgemiddeld.

LEES OOK: Cyril, skryf jou eie storie

Ons tap ons toppresteerders in ons land leeg en sodoende verlaag ons almal se lewenstandaard.

Het die toppresteerders ’n voordeel bo die ander? Vanselfsprekend.

Kom ons leer by hulle, eerder as om te neem by hulle.

Is al hierdie dinge vir Suid-Afrika moontlik?

Beslis.

  • Bernard van Schalkwyk (23) studeer BCom Rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy kom oorspronklik van Vrede.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.