Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Beste Cyril, ons moet almal begin opoffer...
Alexander van Wyk
Alexander van Wyk

Beste Cyril,

Eerstens wil ek net sê dat om ’n land se president te wees kan nie altyd maklik wees nie.

’n Leier word veroordeel en gekritiseer, maar as die leier besef dat dit ’n geleentheid is om die koers van die land, en selfs ’n deel van die geskiedenis van Afrika te verander, dan kan dit net ’n eer wees.

My mening is dat die land se grootste fokus, hoewel subtiel, die bevolking se selfsugtigheid behoort te wees.

Dit is vir my ’n voorreg om met u my mening te deel oor hoe ek glo ons meer van die bevolking van Suid-Afrika kan help om leiers in hul gemeenskappe te word.

My toespraak

Toe ek jonger was, was ek selfsugtiger. Wat ek daarmee bedoel, is dat ek nie my karakter ontwikkel het nie. Met ander woorde, ek was nie besig om die beste weergawe van myself te wees nie.

My naam is Alex, ek is nou in my laat 20’s en ’n student in besigheidstudies en ekonomie aan Unisa. Op hoërskool het my Engels-onderwyseres my gevra om ’n Engelse toespraak (eerste taal) in die jaarlikse interskole-redenaarskompetisie te lewer.

’n Leier word veroordeel en gekritiseer, maar as die leier besef dat dit ’n geleentheid is om die koers van die land, en selfs ’n deel van die geskiedenis van Afrika te verander, dan kan dit net ’n eer wees.

Op daardie oomblik het ek nie juis gehuiwer nie, waar ek andersins dalk sou. Ek kon ook nie weier nie, al sou dit vir my makliker gewees het. Sy het dan in my geglo en het op my staatgemaak. Ek het geëerd gevoel.

Al dink ek dat my toespraak my juffrou ’n bietjie teleurgestel het, het ek besef dat om ’n “stem” vir ander te wees, verg opoffering.

’n President se perspektief

Nou en dan sit ek in ’n restaurant in my naaste winkelsentrum en kyk na die mense buite, meestal ouerig, wat verbystap. As ek na hul gedrag kyk, dink ek hulle lyk te rustig, te gemaklik en te veilig in hul maniertjies. Hulle is dalk gelukkig, maar is dit nie selfsugtig om net gemaklik deur die lewe te beweeg nie? Die meeste mense sorg net dat hulle self gelukkig is.

Ek glo dat, as ’n reël, ’n president veronderstel is om op daardie tydperk te lei, en dat dit nie net toeval is nie. Dié gedagte, dink ek, kan ’n president se perspektief heelwat verander.

’n Goeie leier kan in ander glo wat nog nie in hulself glo of hulself respekteer nie.

’n Goeie leier kan in ander glo wat nog nie in hulself glo of hulself respekteer nie. Dit is ook onselfsugtig. Die meeste mense deesdae, glo ek, het nie ’n goeie selfbeeld nie, juis omdat nie veel ander mense al in hulle geglo het nie.

Dit vat ’n spesiale mens om in ander te wil glo wanneer hulle nie eens in hulself glo nie. U ken dalk persoonlik so iemand, dalk ’n familielid. Dit is iets wat ons bevolking moet leer om te doen in ons land waar steeds ’n gebrek aan goeie leierskap is. Daarom is daar onder meer baie kwaad wat tot gewelddadigheid lei.

Waaroor die lewe eintlik gaan

Ek het voorheen al leiers in die wêreld se geskiedenis bestudeer. Dié wat radikaal was, was passievol oor hul doelwitte in die lewe. Adolf Hitler, aan wie ek nou dink, het sy gehore op die manier waarop hy sy toesprake gelewer het, oorrompel, al kan ’n mens redeneer dat hy passievol oor verkeerde sake was. Mense het leiers nodig, en ’n passievolle leier sal selfs meer volgelinge hê.

LEES OOK: Wat gaan jy doen as jy klaar graad gevang het?

As die meerderheid van ons bevolking ’n passie volg om net beroemd of ryk te raak, dan is dit nie ’n baie eerbare passie nie. ’n Passie moet ander mense insluit wie jy kan help. As ’n mens vir ander lewe, dan verander jou doelwitte, en dis eintlik waaroor die lewe gaan.

Die oplossing

’n Goeie voorbeeld van ’n wyse leier was ’n predikant van die Bahamas, Myles Munroe, wat onlangs oorlede is. Hy het al van sy tienerjare die dissipline gehad om besluite te neem wat van hom in sy latere jare ’n beter mens sou maak.

Hy het byvoorbeeld nie agter elke vrou aangehardloop wat in hom belanggestel het nie, dus het hy sy eerbare passies behou; nie soos so baie jong mense wat vleeslike lus ontwikkel nie. Ons Suid-Afrikaners moet opkyk na leiers soos Munroe en ons moet ’n manier vind om dit te verwesenlik.

Ons land se bevolking moet leer om opofferings te maak wat lei tot onselfsugtigheid, sodat ons eerbare passies kan volg en dan leiers kan word.

Mense volg iemand wat ’n beter leier as hulself is. As ons nie self leiers word nie, dan kyk ons vas in rassisme, diskriminasie en die land se probleme. Dit is net ’n lokval.

Ons land se bevolking moet leer om opofferings te maak wat lei tot onselfsugtigheid, sodat ons eerbare passies kan volg en dan leiers kan word. Ek dink nie dit is ’n maklike oplossing nie, maar dit is vir seker die langtermyn-oplossing en dalk nie wat die bevolking wil hoor nie.

Vriendelike groete,

Alex

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Klik hier.

Beste Cyril

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.