Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Beste Cyril, onthou jy om rondom jou te kyk?

Geagte meneer die President

Let u ooit op na die wêreld rondom u as u iewers heen ry? Kyk u ook soos ’n kind na die skepping om u? En hoe asemrowend dit is om te dink dat alles om u op daardie oomblik bestaan, en dat u lewe om alles te ervaar? Dit tref my soms as ek ry.

Ek hou van kyk, maar die rondkyk het my oë te groot laat oopgaan, en ek het dinge raakgesien wat my hart breek.

Elani Nell
Elani Nell

Ek staan aan die begin van my finale jaar as ’n student in inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria, en ek dink dit is tyd dat die regte probleem, die probleem wat ek glo die kern van alle groter probleem is, raakgesien moet word.

Tydens my studies in 2018 het ek ’n probleem geïdentifiseer onder die arm mense van ons land, die mense wat in townships bly en elke dag swaar kry.

U sien, ma’s gaan werk en hul kinders word oorgelaat aan hul eie genade.

U sien, ma’s gaan werk en hul kinders word oorgelaat aan hul eie genade. Hierdie ma’s werk as huishulpe, skoonmakers, pakkers by takwinkels en selfs as karwagte wat van baie vroeg tot baie laat werk.

Maar hoe weet hierdie ouers, enkelma’s of selfs pa’s, dat hulle kinders veilig is wanneer hulle werk? Hoe kan hulle vir seker weet dat hul kinders veilig by die skool gekom het en dan later weer veilig terug by die huis?

Dit is vir my ’n besonder groot probleem, en dit lê my baie na aan die hart.

Kinders vorm vriendskappe met dagga

Die veiligheid van kinders in ons land bekommer my. Na vele navorsingstogte het ek besef dit is nie net ek wat my so bekommer nie, maar duisende ma’s.

Hierdie mense bid en bekommer hulle heeldag by die werk oor hul kinders se veiligheid.

LEES OOK: Cyril, help ons. My studentevriend woon op die straat...

Sonder die nodige toesig en ’n ouerhand word kinders oorgelaat aan dwelms en kattekwaad, alles dinge wat nie ’n blink toekoms vir ons land verseker nie. Maar wat gaan ons maak?

Ek weet nie, maar ek weet dat dit ’n probleem is en dat meeste van ons groot probleme juis hier begin. Kinders vorm vriendskappe met dagga en nikotien, en ontwikkel ’n sterk band met alkohol.

Kinders vorm vriendskappe met dagga en nikotien, en ontwikkel ’n sterk band met alkohol.

Al hierdie dinge gebeur as gevolg van ’n ouer wat afwesig is, wat nie kan toesig hou nie.

Dit is immers nie die ouer se skuld nie, maar iewers moet daar ’n plan gemaak word om hierdie kinders van die slegte af te kry na die beter toekoms toe.

Kom ons maak ons land weer heel, deur onder te begin waar dit werklik saakmaak. Die jeug van ons land is belangriker as wat die meeste mense dink. Die toekoms lê in ons eie hande, en my hande wil help.

LEES OOK: Jy is nie 'n produk van jou omstandighede nie.

Ek glo hierdie probleem is groot, en ek hoop dat u dit ook sal raaksien.

Ons kinders het ’n oplossing nodig. Daar is genoeg straatkinders, ons moet nou begin werk aan ons nuwe generasie van dokters en wiskundiges. Die tyd is nou om in te gryp, voordat dit te laat is.

Dink aan ons kinders

Meneer Ramaphosa, dit is nou 15 jaar later.

Iemand het betyds ingegryp destyds in 2019. Suid-Afrika spog met topstudente en ’n jeug wat so sterk is dat ander lande wonder hoe ons dit reggekry het.

Geagte meneer, ek hoop ons kan rondry oor 15 jaar of so, en die verbetering raaksien, sonder harte wat breek en oë wat nie meer wil kyk nie.

Ek ry rond en kyk na alles om my, my hart is gerus want almal het hul plek gevind, daar is minder straatkinders en dié wat daar is, het ’n groot kans om gehelp te word.

Geagte meneer, ek hoop ons kan rondry oor 15 jaar of so, en die verbetering raaksien, sonder harte wat breek en oë wat nie meer wil kyk nie.

Dink aan ons kinders. Dink aan uself.

Groete

Elani Nell

  • Elani Nell (21) studeer inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Middelburg in Mpumalanga.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing in Die Student se Beste Cyril... kompetisie.

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.