Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Beste Cyril, watte study-opportunities het plattelandse kinners . . .
Monn-Lee Geduld.

Geagte Menee die President,

“Gr 4’s onthou om môre aan te trek wat jy eendag wil word,” sê ons djuffrou.

Halo, ek is Monn-lee Geduld. Ek is 22 jaar oud vannie platteland spesifiek van Genadendal. Ek study ’n Bachelor of Arts (final year) met hoofvakke Afrikaans en Neerlandstiek, English Literature and Language studies en Media & Writing by die Universiteit van Kaapstad. Ek skryf die brief in KaapsAfrikaans, ommat dit my home-language is, gemaklik voel om in dit te skryf en wat my gemienskap my gelee het.

Die volgende dag het al my vriende met veskillende outfits skooltoe gekom, van lang doktes- wit djasse tot swat lawyersuits. Dan was da party met blou overalls met swat boots (plaaswêkes) en dié wat gladdie aangetrek hettie.

Menee, die president ek wil baie graag aan u skryf o die opportunities spesifiek die study opportunities wat available is vi os plattelandse kinners ná skool. As djy nou vi ienage kindt in my klein dorpie vra wat hulle iendag wil wôd, wod hul skoues opgetrek, party wil cashiers rak by Saverslane en paty sê net hulle wil by die huis bly.

Baie jongmense se droeme wôd nie ’n realiteit nie, ommat da niemand of niks is wat hulle inlig van die beurse, colleges en universiteite wat beskikba issie. Paty val dan trug op die beste opsies wat die platteland ’n jong matriekleerling kan bied, om oppie plaas te gan vrugte pluk of om strate te gan vie viri local munisipaliteit.

Ek gloe in wat pres. Nelson Mandela gesê het van education wattie most powerful weapon is met wat os die wêreld kan change.

Baie jong matriekmeisies raak swanger om die Sassa-grant te kry as ’n vorm van inkomste ommat hulle nie hulself sien oppie plaas werk en nog minner by die munisipaliteit paaie te vie nie.

Onlangs het da ’n e-centre oepgemak vi die gemienskap. Dit was ’n goeie initiatief vannie government as diel van community upliftment ma ek gloe die e-centre kan bieter gebruik wod. Die e-centre kan ingespan wod om matriek-liedes te help aansoek doen by die colleges, universiteite en vi beurse. Inligting beskikbaar te hê vi die matrieks.

Nog ’n initiatief van die government kan wies om nog tipe van befondsing beskikba te stel in die gemienskap net vi plattelandse kinners. Dit kan kinners help om die aansoekfooie te help betaal van universiteite. Dit kan uitgebrei wod om oek dan die studies te help befonds.

Ek gloe hierdie inisiatiewe vanaf die government kan baie help met community upliftment. Dit sal oek help met die drug abuse en tienerswangerskap wat die oorhand kry in my gemienskap. Baie kinnes sal hader wêk wat sal help mettie plaaslike skool se slaagsyfer wat laag is, reeds ommat da nou soe baie opportunities beskikba is om vêder as die plaas, die Sassa-lyne en drug-abuse te gan.

Baie van my gr. 4-maatjies wat lang wit doktersdjasse, en swat lawyersuits aangetrek het wêk nou vi die local munisipaliteit as deel van die EPWP-program van die government ommat hulle nooit gewiet het van online aansoek doen vi colleges en universiteite nie.

Ek gloe in wat pres. Nelson Mandela gesê het van education wattie most powerful weapon is met wat os die wêreld kan change.

  • Monn-Lee Geduld (22) studeer BA (Afrikaans, Engels en Media) aan die Universiteit van Kaapstad. Hy kom oorspronklik van Genadendal.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie, Beste Cyril... Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Klik hier.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.