Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Plus-grootte en maer vroue sit met dieselfde probleem
Kananelo Makoena
Kananelo Makoena

Body shaming het skielik ’n faktor in ons lewens geword. Mense kruip agter hul toestelle weg en body shame vrouens op sosiale media om hulle te laat beter voel oor hulself. Plus-grootte en maer vroue het iets in gemeen. Hulle word alewig gekritiseer oor hul gewig.

Ons as vrouens is geneig om te luister na die samelewing. Ons probeer dan leef volgens die sosiale standaarde. Maar wie is die samelewing? Ons is die samelewing, die mense rondom ons. Die een wat ook jou stryd ken.

Die meeste plus-grootte vroue word altyd oor hulle gewig geoordeel. Pleks daarvan om hulle te vier, probeer die samelewing so hard om hulle af te breek deur heeltyd vir hulle te sê om minder te eet, meer te oefen, ensovoorts. Ek dink nie mense besef dat daar mense is wat natuurlik groter is nie, want daar word konstant vir hulle gesê hoe om te leef.

Dieselfde geld maer vroue. Daar word heeltyd vir jou gesê jy moet meer eet en jy moet soveel as moontlik probeer eet sodat jy bietjie vleis aan jou bene kan kry. Die ergste is as jy maer en kort is. Mense vra gedurig wanneer jy dan nou grootword en daar word vir jou gesê jy moet wortels probeer eet.

Onrealistiese standaarde

Die samelewing het standaarde gestel waarby niemand kan hou nie. Dit kan jou laat voel dat jy nêrens hoort nie, net omdat jy plus-grootte of te maer is.

Die media speel so ’n groot rol in ons lewens deur die heeltyd vir ons die perfekte liggaamsgewig te wys. Verder moet jy dit maar self onderhou.En wie sê in elk geval ’n plus-grootte vrou eet so baie?

Die samelewing besef nie dat body shaming kan lei tot depressie en selfdood nie, want jy begin naderhand voel of jy nêrens hoort nie.

Die samelewing besef nie dat body shaming kan lei tot depressie en selfdood nie, want jy begin naderhand voel of jy nêrens hoort nie. Jy verloor al jou selfvertroue. Jy bevraagteken jou hele bestaan, of jy nog waardig is om deel te wees van die samelewing.

Wat van die res?

Maer en plus-grootte vroue sukkel om die regte grootte klere te kry as hulle gaan klere koop. Die klere is óf te groot óf te klein. Sommige winkels akkommodeer hulle glad nie. En tog sê sommige winkels dat hulle alle groottes in ag neem. Maar dit is nie die waarheid nie.

LEES OOK: 'Niemand se lyf is perfek nie. 'n Mens noem dit Photoshop'

Die gemiddelde groottes is tussen 30 en 40. Wat van diegene wat groter of kleiner nommers dra? Waar moet hulle klere koop?

Die samelewing sal moet ophou om vrouens te kritiseer. Ons moet hulle eerder vier, in plaas daarvan om hulle af te breek.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.